Grove, A.P.2013-11-082013-11-082013-11-061982Ferreira, J 1982, Terugkerende simbool in die poësie van Breyten Breytenbach, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32320>http://hdl.handle.net/2263/32320Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1982.Die literêre simbool word onderskei van die konvensionele simbool soos dit in A dictionary of Symbols van J.E. Cirlot verskyn. Die literêre simbool kan in die literêre kunswerk dieselfde, of 'n ander betekenis as die konvensionele simbool hê. Die literêre kunswerk self is die kontrole vir die literêre simbool. Die literêre kunswerk moet genoeg konstituerende elemente bevat om die literêre simbool "simbool" te maak. 'n Woord wat as literêre simbool funksioneer, kan in ander verse, selfs in dieselfde vers, weer voorkom sonder dat dit simbolies funksioneer. Die studie wys op die gevare van waninterpretasie indien simboliek van buite die kunswerk op die kunswerk afgedwing word. "Vel", "glas", "groen", "swart", "wit", en "water" word as simbole in Die ysterkoei moet sweet bespreek. Tabulering by hoofstukke 4, 5 en 6 dui aan in watter verse en versreëls die simbole voorkom, asook waar dieselfde woorde voorkom, maar nie as simbole funksioneer nie. Die simbole wat behandel word, is terugkerende simbole; dit keer telkens terug en roep telkens dieselfde assosiasie op, naamlik die van wysiging van konvensionele grense. Terselfdertyd skep dit 'n wêreld van versoenende eenheid, 'n wêreld waarin die paradoks van lewe en dood, binne en buite, heel en verbrokkeld, een word. In hoofstuk 7 wys die studie ook op die waarde van "buite-literêre" gegewe, naamlik die invloed van die Zen-Boeddhisme en die Surrealisme in Breytenbach se poësie. Hierdie invloede bevestig wat reeds deur analise uit die vers duidelik geword het: dit is nie irrelevant ten opsigte van die poësie nie, maar dit alleen kan nie die vers bevredigend genoeg verklaar nie. Die slotsom is dat die eenheid van 'n totale wêreld, deur o.a. die gebruik van terugkerende simbole, in Breytenbach se poësie herkenbaar word wanneer, met die vers as enigste gegewe, die verse aan analise onderwerp word.Afrikaans© 1982 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of PretoriaTerugkerende simboolPoësieBreyten BreytenbachUCTDTerugkerende simbool in die poësie van Breyten BreytenbachDissertation