Postmodernistiese elemente in enkele dramas van Pieter Fourie

dc.contributor.advisorPretorius, C.E.
dc.contributor.postgraduateJooste, Margaretha
dc.date.accessioned2014-06-17T12:59:58Z
dc.date.available2014-06-17T12:59:58Z
dc.date.created1992-10-01
dc.date.issued1992en_US
dc.descriptionDissertation (MA)--University of Pretoria, 1992.en_US
dc.description.abstractIn hierdie studie is gepoog om enkele prominente postmodernistiese elemente in drie dramas van Pieter Fourie na te gaan en die doel was nie om 'n teoretiese ondersoek of waardering van die postmodernisme as denkmodus te onderneem nie. In hoofstuk een is enkele elemente van die postmodernistiese denkmodus ondersoek met as uitgangspunt verskeie teoretici se standpunte. Pieter Fourie se oeuvre is kursories ontleed en die drie dramas Ek, Anna van Wyk, Die koggelaar en Donderdag se mense is geidentifiseer as die tekste wat aan die hand van die genoemde postmodernistiese elemente ontleed sal word. Ek. Anna van Wyk is in hoofstuk twee in meer besonderhede bestudeer veral ten opsigte van die meervlakkige/meerduidige aanbieding van die stof asook die speL met fiksionaliteit en realiteit. Die opvoeringsopset, wat 'n integrerende deel van die teks vorm, bied sowel boeiende kykstofjleesstof as 'n uitdaging ten opsigte van 'n ontleding vanuit 'n postmodernistiese perspektief. Die aanbiedingswyse van Die koggelaar sluit nou aan by Ek. Anna van Wyk en in hoofstuk drie is die drama veral ten opsigte van die tegniek van representasies ontleed. Die tegniek is gebruik om die geskiedenis te bevraagteken deur bepaalde Afrikanerwaardes en -tradisies te relativeer. In hoofstuk vier is die laaste drama in die trilogie ondersoek. Ooreenkomste asook verskille tussen Donderdag se mense aan die een kant en Ek, Anna van Wyk en Die koggelaar aan die ander kant is uitgelig. Die studie van die drama het ook 'n waardebepaling ten opsigte van geslaagdheid al dan nie as literere teks, veral vanuit 'n postmodernistiese denkraamwerk, moontlik gemaak. Ten besluite is daar in hoofstuk vyf gepoog om bepaalde gevolgtrekkings te maak aan die hand van die bevindinge van die studiestuk. Hoewel die drie dramas nie sander meer as postmodernisties getipeer kan word nie, vertoon al drie sowel wat vorm as inhoud betref, 'n sterk postmodernistiese inslag. Tipies postmodernistiese tekste wil anti- interpretatief wees, maar Fourie se bantering van sy materiaal laat blyk dat 'n vertolking tog wenslik is ten einde die teenstrydighede in die Afrikaner se geslote sosiaal-politieke en religieuse waardestelsels te ontmaskerHoewel die drie dramas nie in alle opsigte slaag nie, slaag dit tog as belangrike stemme gerig juis aan die blanke Afrikaner binne veral die Suid-Afrikaanse politieke konteks. Noodsaaklike en in sommige opsigte selfs profetiese vrae is gevra op die vooraand van 'n era waarin die Afrikaner met 'n nuwe eerlikheid en onbevangenheid selfkritiek begin toepas het ten opsigte van sy geskiedenis, tradisie en waardes..en_US
dc.description.availabilityunrestricteden_US
dc.description.departmentAfrikaansen_US
dc.description.librariangm2014en_US
dc.identifier.citationJooste, M 1992, Postmodernistiese elemente in enkele dramas van Pieter Fourie, MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/40198>en_US
dc.identifier.otherE14/4/41/gmen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/40198
dc.language.isoenen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 1992 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_US
dc.subjectPostmodernistiese elementeen_US
dc.subjectPostmodernistiese denkmodus ondersoeken_US
dc.subjectUCTDen_US
dc.titlePostmodernistiese elemente in enkele dramas van Pieter Fourieen_US
dc.typeDissertationen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Jooste_Postmodernistiese_1992.pdf
Size:
8.24 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: