Sebopego sa morumokwano diretong tša Sepedi (Sepedi)
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
At the beginning of the research a distinction is made between traditional and modern poems and also that both types of poems are based on metre. It is also mentioned that enjambment and rhyme are important characteristics of modern poetry and that those concepts are explained in this research. It is indicated that rhyme is a new technique of metre in Sepedi poetry and that it was invented by the Lutheran Church missionaries when they were composing and writing hymns, which is something that attracted poets’ attention. However, young poets have started to omit rhyme in the plot of their poems; they use repetition in its place. The aim of this research is to reveal the correct structure of rhyme in order to differentiate between rhyme and repetition in Sepedi poems. Two methods of research were chosen, the descriptive and the interpretative methods. The research followed is a narrative one and it explains that the structure of a text is divided into three parts, which are content, plot and style. When continuing, a praise poem is explained and it is also indicated that this type of poetry is divided into traditional and modern praise poems. The difference between these types of poems is that a traditional praise poem is narrated orally, and it belongs to the whole community as there is no one person who can claim to have invented it. On the other hand modern poetry is created and written to emulate the structure of poems of Western languages. This is the poetry that is created and arranged in the form of rhyme. The 1950s are seen as the most important years in the history of writing modern poetry. These years were followed by periods of growth of modern poetry in the 1960s and 1970s respectively. This is where more poems following the rhyme technique were seen. The first poet in Sepedi poetry to use rhyme was (E.K.K.) Matlala in his melodrama poetry book, Tšhukudu, in 1956. On the other hand, rhyme is seen as a form of repetition. Because of the lack of terminology in the Sepedi language, it is difficult to write poems with the correct rhyme, therefore poets use repetition instead of rhyme in poems. The repetition referred to is indicated in different ways in poems, thus there are types of repetition in Sepedi poems. Like repetition, rhyme also comes in different ways in poems. This issue confirms the presence of types of rhyme. The explanation of concepts such as metre, caesura and enjambment is very important if focusing on the rhyme structure. Metre is the arrangement of the poet’s language, and it is controlled by the two poetic devices, separation and agreement. Caesura is a boundary for separation that breaks lines with parts and those parts of metre are matched by the poetic device of assimilation. Caesura stresses independence of parts of metre. It is said that enjambment is where there is no caesura or ending of a line. This is where a concept that is in one line overlaps into the next line to continue the flow and understanding of what is explained. What is important is that enjambment moves caesura and increases the poem’s tempo as there is no specific pause on the poem’s lines. The explanation of concepts such as metre and enjambment is very important when focusing on the structure of rhyme in Sepedi poems. AFRIKAANS :In die navorsing word daar ter aanvang ’n onderskeid getref tussen tradisionele en moderne gedigte. Albei hierdie soort gedigte is op metrum gebaseer. Daar word ook genoem dat enjambement en rym belangrike kenmerke van moderne poësie is. Dié begrippe word in hierdie navorsing verklaar. Daar word aangetoon dat rym ’n nuwe metriese tegniek in Sepedi-gedigte is en dat dit deur sendelinge van die Lutherse kerk ingevoer is toe hulle gesange geskryf en gekomponeer het. Dit het die digters se aandag getrek. Jong digters het egter begin om rym uit hulle gedigte weg te laat en dit met herhaling te vervang. Die doel van hierdie navorsing is om aan te dui wat die korrekte rymstruktuur is om tussen rym en herhaling in Sepedi-gedigte te onderskei. Twee navorsingsmetodes is gebruik: die beskrywende (deskriptiewe) metode en die interpretatiewe metode. Die navorsingsmetode was narratief, en toon aan dat die teksstruktuur in drie dele verdeel kan word: inhoud, plot en styl. ’n Prysgedig is vervolgens ontleed en daar is aangetoon dat ook hierdie soort poësie in tradisionele en moderne prysgedigte ingedeel kan word. Die verskil tussen hierdie twee soorte gedigte is dat ’n tradisionele prysgedig verbaal ‘vertel’ (voorgedra) word, en dat dit aan die hele gemeenskap behoort aangesien geen individu daarop aanspraak kan maak dat hy of sy dit geskep het nie. Hierteenoor is ’n moderne prysgedig egter poësie wat geskep en geskryf is na die voorbeeld van gedigte in Westerse tale: dit boots die struktuur van Westerse gedigte na en maak van rym gebruik. Die 1950’s word beskou as die belangrikste jare in die geskiedenis van die skryf van moderne gedigte. Hierdie era is gevolg deur periodes van groei en ontwikkeling in sowel die 1960’s as die 1970’s. In hierdie tyd het digters baie meer dikwels van die rymtegniek gebruik gemaak. Die eerste Sepedi-gedig waarin rym voorgekom het, is deur (E.K.K.) Matlala geskryf en is in sy melodramatiese digbundel Tšhukudu (1956) gepubliseer. Rym is andersyds ook beskou as ’n vorm van herhaling. Die tekort aan terminologie in die taal Sepedi maak dit moeilik om ’n gedig met ’n “korrekte”, volgehoue rymskema te skryf, en om hierdie rede gebruik digters herhaling in plaas van rym in hulle gedigte. Die genoemde herhaling kom op verskillende maniere in die gedigte voor; om hierdie rede is daar verskillende soorte herhaling in Sepedi-gedigte. Net soos in die geval van herhaling, kom rym ook op verskillende maniere in gedigte voor. Hierdie kwessie bevestig die aanwesigheid van verskillende soorte rym. Die uitleg van begrippe soos metrum, sesuur en enjambement is baie belangrik indien daar op die rymstruktuur gefokus word. Metrum is die rangskikking van die digter se taal; en dit word beheer deur twee poëtiese middele of ingrepe, te wete skeiding en ooreenstemming. Sesuur is ’n skeidingsgrens wat reëls volgens metriese dele afbreek, en daardie metriese dele word afgepaar by wyse van die poëtiese middel van ooreenstemming. Sesuur beklemtoon die onafhanklikheid van metriese dele. Daar word gesê dat enjambement voorkom waar daar geen sesuur aan die einde van ’n reël is nie. Dit gebeur wanneer ’n konsep in een reël oorloop en oorvleuel met die volgende reël op ’n wyse wat die vloei en gedagte van dit wat vertel of verduidelik word, voortsit. Dit is belangrik om daarop te let dat enjambement sesure verskuif en die gedigtempo laat toeneem, aangesien daar geen pouse tussen die opeenvolgende versreëls van die gedig voorkom nie. Die uitleg van begrippe soos metrum en enjambement is baie belangrik wanneer daar op die rymstruktuur in Sepedi-gedigte gefokus word. Copyright
Description
Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2012.
Keywords
UCTD, Repetition, Concepts, Metre, Traditional poetry, Modern poetry, Caesura, Enjambment, Struktuur, Rym, Prysgedig, Herhaling, Metrum, Begrippe, Sesuur, Enjambement, Praise poem, Structure, Tradisionele poësie, Moderne poësie, UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Mafahla, LD 2012, Sebopego sa morumokwano diretong tša Sepedi (Sepedi), MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-12072012-171705 / >