Die digoeuvre van I.L. de Villiers ’n Teopoëtiese lesing

Loading...
Thumbnail Image

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Hoofstuk 1 handel oor die verantwoording vir dié navorsing en uit watter hoek dit benader word. Die keuse vir dié navorsing is die digbundels van I.L. de Villiers. Die navorsingsvraag is die vraag of die term teopoëtika (theopoetics) by die werke van De Villiers gebruik kan word en of dit slegs teopoësie is. Die werke van Heidegger en Derrida is ’n verwysingsraamwerk om dié navorsing te voltrek. In hoofstuk 2 word die boublokke van teopoëtika uiteengesit. Dit bestaan uit poëtiese analise, metafoor en al die vorme van die metafoor, narratiewe teologie, postmoderne filosofie (daarmee saam ook postmoderniteit), sosiale konstruksie en narratief, verbeelding, die mense se soeke na estetika (ook literêre estetika) en ook mistiek. Die Praktiese Teologiese metode van Osmer word gebruik, maar omdat hierdie proefskrif ’n filosofiese inslag het, word die vrae wat Osmer binne die Praktiese Teologie vra filosofies ingekleur. Binne die bestek van hoofstuk 2 is die vraag gevra of daar nuwe maniere is om oor God te kan praat. Die vraag word breedvoerig bespreek en in die samevatting van hoofstuk 2 beantwoord. Hoofstuk 3 bespreek dieper insigte oor taal. Hoewel hoofstuk 1 en 2 reeds heelwat na taal verwys het, was dit meer die teoretiese kant van die navorsing. In hoofstuk 3 word die gedagte oor taal verder geneem. I.L. de Villiers se lewe en watter elemente bygedra het tot sy poësie word ook kortliks bespreek. Sy bekendste Godsbeelde word ook in poësie weergegee. Hoofstuk drie wys ook die moontlikheid uit dat teopoëtika taal na die dood van God kan wees, en of dit ’n moontlikheid bied om in ’n postmetafisiese, postmoderne wêreld oor God te kan praat. Hoofstuk 4 toon die liturgiese ontwikkelings aan in verskeie kerke, omdat dié navorsing hoofsaaklik ’n liturgies-teologiese studie is. Die vernuwing wat binne liturgie moontlik is word ook bespreek en so ook gedagtes oor ’n mistieke God. Die vyf “sola’s” word ook weergegee, en daar word gekyk na versmelting van horisonne en na hoe poëtika kan bydra tot hierdie sola’s. Drie moontlike “metodes” word aangebied om gedigte of poësie teopoëties te kan lees, naamlik die modelle van Harrity, Poling en Meylahn. Die moontlikhede van ’n post-metafisiese teopoëtiese God word ook bespreek. Hoofstuk 5 handel hoofsaaklik oor die kerklike jaar en die hoogtepunt van die studie. Meylahn se voorgestelde metode is gekies om die navorsing te voltrek. Die twintig gedigte wat teopoëties gelees gaan word word ook in die hoofstuk aangebied. Die gedigte, wat strek oor die tydperk vanaf 1972 tot en met 2008, word binne die kerklike jaar ingedeel. ’n Tabel is ook opgestel om uit te wys watter gedigte van De Villiers se oeuvre teopoëties van aard is en dié wat nie is nie. In hoofstuk 6 is die samevatting van die navorsing met die beantwoording van die navorsingsvraag en uiteindelik die gevolgtrekking wat vanuit die navorsing afgelei kan word.

Description

Thesis (PhD (Practical Theology))--University of Pretoria, 2020.

Keywords

UCTD, Teopoëtika, Poësie, Radikale Godstaal, Post-metafisies, Mistiek, Transendensie, Différance, Pharmakon, Kerklike jaar, Liturgie

Sustainable Development Goals

Citation

*