The roles of the Southern African Customs Union Agreement, the international trade administration commission and the minister of trade and industry in the regulation of South Africa's international trade

dc.contributor.authorBrink, Gustav Francois
dc.date.accessioned2013-10-09T08:46:06Z
dc.date.available2014-06-30T00:20:07Z
dc.date.issued2013
dc.description.abstractSuid-Afrika is 'n lid van die oudste doeane-unie in die wêreld, die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie, wat terugdateer tot 1910. Die nuutste doeane-unie-ooreenkoms is in 2002 onderteken en het in 2004 in werking getree. Ingevolge hierdie ooreenkoms moet elk van die lidlande, te wete Botswana, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Swaziland, "nasionale liggame" daarstel om ondersoek in te stel na aangeleenthede rakende die tarief- en handelsremedies. Die nasionale liggame moet dan aanbevelings maak aan die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie se tariefraad, wat weer aanbevelings maak aan die raad van ministers. Lidlande is verantwoordelik vir die implementering van die raad se finale besluite. In 2003 is die Internasionale Handelsadministrasiewet in werking gestel en is die internasionale handelsadministrasiekommissie in die lewe geroep as Suid-Afrika se nasionale liggaam. Sekere bepalings van die Internasionale Handelsadministrasiewet is opgeskort hangende die proklamering van die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie-ooreenkoms tot munisipale wetgewing in Suid-Afrika. Die effek hiervan was dat sekere bepalings van die herroepe Raad op Tariewe en Handelswet steeds toepassing gevind het. Derhalwe was die minister van handel en nywerheid steeds verantwoordelik vir die finale besluitneming in alle handelsremedies- en tariefaangeleenthede en kon die internasionale handelsadministrasiekommissie, 'n onafhanklike liggaam ingevolge die wet, slegs aanbevelings aan die minister maak. Na inwerkingtreding van die doeane-unie-ooreenkoms het die raad van ministers die Internasionale Handelsadministrasiekommissie versoek om besluite namens die raad te neem tot tyd en wyl die tariefraad behoorlik kon funksioneer. Eers in Oktober 2012 het dit aan die lig gekom dat die doeane-unie-ooreenkoms reeds in 2004 gepromulgeer is as deel van die Suid-Afrikaanse munisipale reg. Die vraag ontstaan of die opgeskorte voorsienings in artikel 64(2) van die handelswet outomaties in werking tree en of 'n datum vir die inwerkingtreding eers geproklameer moet word. Daar word aangevoer dat, in die lig van die bepaling in die artikel 64(1) die president die datum van inwerkingtreding vir alle ander artikels moet bepaal en die stilswye daaroor in artikel 64(2), hierdie artikels outomaties in werking getree het toe die doeane-unie-ooreenkoms deel van Suid-Afrika se munisipale reg geword het. Dit het verreikende gevolge vir die rolle van beide die minister en die kommissie in handelsaangeleenthede. Hierdie artikel voer aan dat die kommissie 'n onafhanklike liggaam is wat, totdat die raad van ministers die delegasie om besluite namens die doeane-unie te neem terugtrek, ten volle verantwoordelik is vir alle besluitneming met betrekking tot tariewe en handelsremedies en dat die minister geen mag het in aangewese sake nie, maar dat sy magte ingevolge die wet streng beperk is tot die uitreik van handelsbeleidstellings en die uitreik van regulasies. Hierdie interpretasie bots lynreg met die huidige prosedure in handelsremedies- en tariefondersoeke en sal 'n groot invloed hê op hoe ondersoeke in die toekoms hanteer word.en_US
dc.description.librarianam2013en_US
dc.description.urihttp://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3648en_US
dc.identifier.citationBrink, G 2013, 'The roles of the Southern African Customs Union Agreement, the international trade administration commission and the minister of trade and industry in the regulation of South Africa's international trade', Journal of South African Law/Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 3, pp. 419-436.en_US
dc.identifier.issn0257-7747
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/31969
dc.language.isoenen_US
dc.publisherJuta Lawen_US
dc.rightsJuta Lawen_US
dc.subjectSuider-Afrikaanse Doeane-Unieen_US
dc.subjectInternasionale Handelskommissieen_US
dc.subjectMinister van Handel en Nywerheiden_US
dc.subjectSuid-Afrika se internasionale handelen_US
dc.subjectSouthern African Customs Union Agreementen_US
dc.subjectInternational Trade Administration Commissionen_US
dc.subjectMinister of Trade and Industryen_US
dc.subjectSouth Africa’s international tradeen_US
dc.titleThe roles of the Southern African Customs Union Agreement, the international trade administration commission and the minister of trade and industry in the regulation of South Africa's international tradeen_US
dc.title.alternativeRol van die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie, die Internasionale Handelskommissie en die Minister van Handel en Nywerheid in die regulering van Suid-Afrika se internasionale handelen_US
dc.typeArticleen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Brink_Roles(2013).pdf
Size:
449.02 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: