‘n Kritiese analise van beskikbare elektroniese woordeboeke vir die nege amptelike afrikatale van Suid-Afrika
Abstract
Hierdie studie fokus op die kwaliteit en die beskikbaarheid van elektroniese woordeboeke vir die nege amptelike Afrikatale van Suid-Afrika. Daar word in hierdie studie geargumenteer dat die kwaliteit en die beskikbaarheid van elektroniese woordeboeke vir hierdie tale aansienlik verskil en dat daar nog in die toekoms groot insette gelewer sal moet word om die elektroniese woordeboeke vir al nege die amptelike Afrikatale op ‘n hoë leksikografiese standaard te kry . In dié miniverhandeling word die elektroniese eienskappe van moderne elektroniese woordeboeke soos Oxford English Dictionary (OED) en Macmillan English Dictionary (MED) in breëtrekke bespreek om as maatstaf te dien wanneer die beskikbare elektroniese woordeboeke vir die nege amptelike Afrikatale van Suid-Afrika en hul leksikografiese kwaliteit, grootte en elektroniese eienskappe bestudeer word.
Description
Dissertation (MA (Applied Language Studies))--University of Pretoria, 2015.
Keywords
elektroniese woordeboeke, soekfasiliteite, hiperskakels en kruisverwysings, lemmas, multimedia, internet, gebruikersvriendelikheid.
