Die skilderkuns van Suidwes-Afrika

dc.contributor.advisorNilant, F.G.E. (Felix Gottlieb Ernst)
dc.contributor.postgraduateRoos, Nicholas Oswald
dc.date.accessioned2016-08-16T09:27:40Z
dc.date.available2016-08-16T09:27:40Z
dc.date.created1974
dc.date.issued1974
dc.descriptionThesis (PhD)--University of Pretoria, 1974.en_ZA
dc.description.abstractEnkele Suidwes kunstenaars het in die jongste tyd sterk op die voorgrond getree. Die werk van Adolph Jentsch en Fritz Krampe vorm vandag deel van al die versamelings van die vernaamste kunsgalerye in Suid-Afrika en hul kuns is gesogde voorbeelde in privaat versamelings hier te lande. Andere soos Otto Schroeder en Joachim Voigts het in hul eie reg ‘n plek gevind in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis. Die bydrae wat H.A. Aschenborn tot ons kultuurbesit gelewer het is alom bekend en trouens, ook al wetenskaplik deeglik beskryf. Die posisie wat hierdie kunstenaars in die Suid-Afrikaanse kunsontwikkeling inneem, maak dit noodsaaklik dat daar indringend na hul werk gekyk word, dit esteties ontleed en in historiese perspektief geplaas word. Hierdie studie het ten doel om, alhoewel dit sekerlik nie as die finale woord beskou word nie, ten minste aanvoorwerk in die rigting te doen. In enige kunsgeskiedenis is daar noodwendig ‘n groot groep kunstenaars wat, ofskoon hulle n belangrike bydrae gelewer het, deur latere generasies vergeet word. Suidwes-Afrika het baie sulke gevalle. Axel Eriksson en Carl Ossmann het albei nuwe rigtings vir die diereuitbeelding en die landskapskildering aangetoon en in die Suidwes-kunsontwikkeling ‘n belangrike rol gespeel. Erich Mayer het nie net sy voltydse kunsloopbaan in Suidwes begin nie, maar ook ‘n motiewe-wêreld betree wat uniek is in die Suidwes-Afrikaanse kuns. Tog is hul werk, met uitsondering van Mayer se Suid-Afrikaanse skilderkuns, vandag so te sê onbekend aan die grootse deel van ons kunsliefhebbers. Die skrywer wil ook hierdie minderbekende skilders opnuut aan die leser voorstel. Hierdie proefskrif is ‘n voortsetting en terselfdertyd die logiese afsluiting van ‘n navorsingsprojek waarvan die eerste gedeelte enkele jare gelede saamgebring is onder die titel: “Die historiese ontwikkeling van die beeldende kuns in Suidwes-Afrika". Terwille van volledigheid word sekere biografiese materiaal wat reeds daarin verskyn het, weer gebruik.en_ZA
dc.description.availabilityUnrestricteden_ZA
dc.description.degreePhDen_ZA
dc.description.departmentVisual Artsen_ZA
dc.identifier.citationRoos, NO 1974, Die skilderkuns van Suidwes-Afrika, PhD Thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/56347>en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/56347
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_ZA
dc.titleDie skilderkuns van Suidwes-Afrikaen_ZA
dc.typeThesisen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Roos_Skilderkuns_1974.pdf
Size:
22.41 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: