Die werk van David Canty en die plek daarvan in die Suid-Afrikaanse landskapskilderkuns

dc.contributor.advisorVan der Westhuysen, H.M.
dc.contributor.postgraduateVan Graan, Riena
dc.date.accessioned2016-11-21T11:53:52Z
dc.date.available2016-11-21T11:53:52Z
dc.date.created1964
dc.date.issued1964
dc.descriptionDissertation (MA)--University of Pretoria, 1964.en_ZA
dc.description.abstractHierdie ondersoek is aanvaar met die bewuste wete dat dit sou gaan oor 'n kunstenaar wat in kunskringe nagenoeg 'n onbekende en obskure persoon is. In A. Gordon-Brown se andersins verdienstelike en oorsigtelike "Pictorial Art in South Africa during Three Centuries to 1875" met biografiese en ander gegewens oor kunstenaars in Suid-Afrika voor 1875, lees ons o.a. die volgende, rakende die onderwerp van hierdie verhandeling: (“CANTY, D. Untraced. Water-colours of Natives c.l870 are in the Africana Museum"). Dit is duidelik dat Gordon-Brown hier misgetas het toe hy David Canty in die lys van kunstenaars voor 1875 geplaas het en dat sy geskatte datering van die betrokke stukke in die Africana-Museum van Johannesburg foutief is. Vir die doel van hierdie studie is gepoog om ook ander werke van die skilder op te spoor. Deur persoonlike navraag en deur briewe geplaas in lesersrubrieke van vooraanstaande dagblaaie, hoofsaaklik in die Transvaal, is die ondersoek begin. So het, behalwe die 105 stukke in die Canty-versameling, wat die kern van my ondersoek uitmaak, en die vier in die Africana-Museum, nog 42 ander skilderye aan die lig gekom. 'n Mens kan aanneem dat daar wel heelwat meer geskilder is as die 151 wat hier genoem word. Aangesien hierdie genoemdes wel voorbeelde oplewer van sy werke uit 'n lang periode geskilder, kan dit met veiligheid as 'n tiperende deursnit van sy kuns beskou word. 'n Katalogus vir die skilderye in die versameling en die ander wat opgespoor kon word, is opgestel. Die engelse titels is deur die kunstenaar self aan sy werke gegee; die Afrikaanse titels is deur my gegee.af_ZA
dc.description.availabilityUnrestricteden_ZA
dc.description.degreeMAen_ZA
dc.description.departmentVisual Artsen_ZA
dc.identifier.citationVan Graan, R 1964, Die werk van David Canty en die plek daarvan in die Suid-Afrikaanse landskapskilderkuns, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/58230>en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/58230
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_ZA
dc.subjectUCTDen_ZA
dc.titleDie werk van David Canty en die plek daarvan in die Suid-Afrikaanse landskapskilderkunsaf_ZA
dc.typeDissertationen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Van_Graan_Werk_1964.pdf
Size:
19.93 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: