Missing persons – current tendencies

dc.contributor.authorSchoeman-Malan, M.C. (Magdalena)
dc.date.accessioned2019-05-30T07:18:55Z
dc.date.available2019-05-30T07:18:55Z
dc.date.issued2018
dc.description.abstractElke jaar verdwyn derduisende mense wêreldwyd. Statistiek toon dat talle vermiste persone steeds spoorloos verdwyn ondanks die feit dat dit in moderne tye makliker is om mense op te spoor. Verdwynings kan aan talle faktore toegeskryf word. Indien ’n vermiste persoon se liggaam nie gevind kan word nie skep dit verskeie regsprobleme vir sy of haar naasbestaandes. Ingevolge die Romeins-Hollandse reg is dit moontlik om by die Hoë Hof aansoek te doen vir ’n bevel dat ’n persoon geag word “vermoedelik dood” te wees sodat ’n doodsertifikaat uitgereik kan word. Die gemeenregtelike vermoede-van-doodbevel het egter beperkte aanwending en is gemik op die administrasie van die vermiste persoon se boedel. Alhoewel beide die Romeins-Hollandse reg en die Engelse gemenereg (common law) die Suid-Afrikaanse erfreg beïnvloed het, volg die Suid-Afrikaanse howe die Romeins- Hollandse reg telkens wanneer daar ’n aansoek dien vir ’n gemeenregtelike vermoedevan- doodbevel van ’n vermiste persoon. Die uitgangspunt is dat ’n persoon geag word te lewe en dat daar nie ’n vermoede is dat die persoon dood is na verloop van ’n sekere tydperk nie. Die “vermoedelike dood” van die verdwene persoon moet deur belanghebbendes op ’n oorwig van waarskynlikhede bewys word aan die hand van alle relevante feite. Die tradisioneel Engelse gemeenregtelike jurisdiksies volg egter ’n benadering dat ’n persoon wat langer as sewe jaar vermis word, vermoedelik dood is. Die vermoede bring mee dat, na verloop van sewe jaar, die bewyslas rus op die persoon wat aanvoer dat die vermiste nog lewe. Tans het feitlik alle Europese siviele (civil law) en gemeenregtelike (common law) jurisdiksies wetgewing wat vermoede-van-doodbevele reguleer. Suid Afrika maak slegs statutêr voorsiening vir ’n ondersoek na die dood van ’n persoon wat (vermoedelik) aan onnatuurlike oorsake gesterf het en wie se liggaam nie opgespoor kan word nie. In alle ander omstandighede geld die gemeenregtelike posisie (Romeins-Hollandse reg). Hierdie bespreking handel met die gemeenregtelike vermoede-van-doodbevel wat die uitreiking van ’n doodsertifikaat en administrasie van die boedel van ’n vermiste persoon magtig. Die historiese agtergrond van die vermoede dat “die vermiste persoon lewe” of dat “die vermiste persoon dood is” (na verloop van ’n tyd) word ondersoek. Die posisie in Suid-Afrika word vergelyk met statutêre ontwikkelinge in Engeland en Wallis waar die Presumption of Death Act in 2013 gepromulgeer is. Enkele probleme wat deur naasbestaandes ondervind word, word aan die hand van die Suid-Afrikaanse reg en die Engelse gemenereg onder die loep geneem. Ten slotte word oorweging geskenk aan die vraag of Suid-Afrika regshervorming behoort te oorweeg.en_ZA
dc.description.departmentPrivate Lawen_ZA
dc.description.librarianam2019en_ZA
dc.description.librarianrz2025
dc.description.sdgSDG-05: Gender equalityen
dc.description.sdgSDG-10: Reduced inequalitiesen
dc.description.sdgSDG-16: Peace, justice and strong institutionsen
dc.description.sponsorshipThe National Research Foundationen_ZA
dc.description.urihttp://www.lexisnexis.co.zaen_ZA
dc.identifier.citationSchoeman-Malan, L. 2018, 'Missing persons – current tendencies', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 81, pp. 218-238.en_ZA
dc.identifier.issn1682-4490
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/69237
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherLexisNexisen_ZA
dc.rightsLexisNexisen_ZA
dc.subjectMissing personsen_ZA
dc.subjectStatisticsen_ZA
dc.subjectTracken_ZA
dc.subjectVermiste personeen_ZA
dc.subjectStatistieken_ZA
dc.subjectSpooren_ZA
dc.subject.otherLaw articles SDG-05en
dc.subject.otherLaw articles SDG-10en
dc.subject.otherLaw articles SDG-16en
dc.titleMissing persons – current tendenciesen_ZA
dc.title.alternativeVermiste persone – huidige tendenseen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
SchoemanMalan_Missing_2018.pdf
Size:
193.22 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: