The mandament van spolie, the restitution of unlawful prossession and the impact of the Constitution, 1996 : Ngqukumba v Minister of Safety and Security : 2014 5 SA 112 (CC)

dc.contributor.authorKleyn, D.G. (Duard)
dc.contributor.authorBekink, Bernard
dc.date.accessioned2016-10-28T07:07:24Z
dc.date.issued2016
dc.description.abstractGedurende 2014 het die Konstitusionele Hof in eenparige uitspraak in Ngqukumba v Minister van Veiligheid en Sekuriteit gelas dat die polisie, wat onregmatiglik motorvoertuig in beslag geneem het, die voertuig aan die eienaar daarvan moes teruggee hangende ondersoek na die feite en meriete rakende die regmatige besit daarvan. In beginsel het die regsvraag verband gehou met aansoek vir mandament van spolie in geval waar die applikant aansoek gedoen het vir die herstel van sy besit van motorvoertuig waarvan met die onderstelnommer gepeuter is en waarvan die oorspronklike enjinnommer afgevyl is, en op welke voertuig die polisie beslag gelê het kragtens sekere bepalings van die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996. In hul bespreking van die beginsels van die mandament, bevestig die Konstitusionele Hof dat die kernbasis van die mandament, die herstel van besit, voor enigiets anders, van die onregmatige besitsontneming van voorwerp aan die besitter vereis. Die doel van die mandament is gevolglik die herstel van besit in gevalle waar besit van iemand ontneem is, anders as wat die reg toelaat en dat persone, insluitende die regering, regtens beperk word om nie die reg in eie hande te neem sonder om regmatige stappe te doen nie. Met verwysing na onlangse gesag bevestig die hof dat die mandament aanwending vind, selfs teen die polisie, waar hulle onregmatig op goedere, soos die voertuig in die onderhawige geval, beslag gelê het. Die feit dat die saak gehandel het oor voorwerp waarvan die besit vermoedelik onregmatig kon wees, was nie vir die hof deurslaggewend nie aangesien die hof nie bereid was om op die meriete van die saak in te gaan nie. In die bepaalde omstandighede kom die hof tot die slotsom dat die relevante artikels van die Padverkeerswet, vir sover moontlik, op harmonieuse wyse saamgelees moet word met die vereistes van die mandament. Die hof bevind dat niks in die vermelde bepalings van die wet daarop gerig is om die gemenereg te verander nie en dus nie die normale aanwending van die mandament uitsluit of verander nie. Volgens die hof is sodanige aanslag nie alleen in lyn met die bepalings van artikel 39(2) van die Grondwet nie, maar voldoen dit ook aan ander bepalings van die Handves van Regte asook die funderende beginsels en waardes waarop die huidige Suid-Afrikaanse grondwetlike model gebaseer is. Met die Ngqukumba beslissing bevestig die Konstitusionele Hof weer eens die regsposisie dat die mandament robuuste remedie is wat besitsherstel vereis, voor enigiets anders, en dat die aanwending daarvan, nieteenstaande die gemeenregtelike aard daarvan, binne die vereistes van die Grondwet moet geskied. Die belang van die beslissing lê voorts daarin dat die Konstitusionele Hof met klinkklare helderheid die belangrike regspunt bevestig dat die uitleg en aanwending van die Suid-Afrikaanse gemenereg, binne die regsraamwerk van oppermagtige Grondwet, hernude erkenning en oorweging moet geniet.en_ZA
dc.description.departmentJurisprudenceen_ZA
dc.description.embargo2016-12-31
dc.description.librarianam2016en_ZA
dc.description.urihttp://www.lexisnexis.co.zaen_ZA
dc.identifier.citationKlyen, DG & Bekink, B 2016, 'The mandament van spolie, the restitution of unlawful prossession and the impact of the Constitution, 1996 : Ngqukumba v Minister of Safety and Security : 2014 5 SA 112 (CC)', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 79, no. 2, pp. 308-321.en_ZA
dc.identifier.issn1682-4490
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/57545
dc.language.isofren_ZA
dc.publisherLexisNexisen_ZA
dc.rightsLexisNexisen_ZA
dc.subjectCommon lawen_ZA
dc.subjectConstitutional courten_ZA
dc.subjectGemeneregen_ZA
dc.subjectKonstitusionele hofen_ZA
dc.subjectSouth Africa (SA)en_ZA
dc.subjectSuid-Afrika (SA)en_ZA
dc.subjectConstitution, 1996en_ZA
dc.subjectGrondwet, 1996en_ZA
dc.subjectMandament van spolieen_ZA
dc.subjectUnlawful prossessionen_ZA
dc.subjectOnregmatige besiten_ZA
dc.titleThe mandament van spolie, the restitution of unlawful prossession and the impact of the Constitution, 1996 : Ngqukumba v Minister of Safety and Security : 2014 5 SA 112 (CC)en_ZA
dc.title.alternativeMandament van spolie, die herstel van onregmatige besit en die impak van die Grondwet, 1996en_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Kleyn_Mandament_2016.pdf
Size:
112.97 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: