Die impak van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 op die dokter-pasiënt verhouding

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

In die twintigste eeu het die fokus in die wêreld ekonomie geskuif van ‘n produksie georienteerde oogpunt na ‘n verbruikers georienteerde oogpunt en daarom het meeste wetgewing vir verbruikersbeskerming ontwikkel. Suid-Afrika het grootliks nagelaat om aandag daaraan te gee, wat die gevolg gehad het dat die wetgewing wat beskikbaar was vir verbruikers in Suid-Afrika, oneffektief en uitgedateerde wetgewing is. Die wetgewing wat beskikbaar was het ook slegs ‘n klein area beskerm soos krediet ooreenkomste, versekering, rente, prysbeheer, promosie-kompetisies en onregverdige besigheids praktyke. Die langverwagte Wet op Verbruikersbskerming (hierna verwys as “die WVB”) wat relatief onlangs in werking getree het is huidiglik van toepassing op alle transaksies met betrekking tot die lewer van goedere en dienste in Suid-Afrika, wat dus mediese dienste en mediese sorg in Suid-Afrika insluit. Daar is tans min gerapporteerde regspraak met betrekking tot die Wet op mediese sorg, maar wel baie artikels en kommentaar oor die vereistes en voorwaardes wat die WVB inhou vir mediese sorg in Suid-Afrika. Die Wet is verbruikers georienteerd waarvan verbruikers agt fundamentele regte tot hulle beskikking het. Hierdie regte is oppergesag teenoor ander wetgewing en indien daar teenstrydigheid is met ander wetgewing sal die wetgewing wat die meeste beskerming bied vir die verbruiker, van toepassing wees. Die uitdaging vir mediese praktisyns is om aan hierdie fundamentele regte te voldoen tydens die uitvoer van hulle dienste, tesame met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, Wet op Nasionale Gesondheid, No. 61 van 2003, die Wet op Gesondheidsdiensteberoepe, No. 56 van 1974 wat verdere verpligtinge inhou tydens die uitvoer van mediese dienste. Die prentjie van die dokter-pasient verhouding het oor die jare getransformeer as gevolg van die samelewing wat verbruikersgeorienteerd geword. Pasiënte as verbruikers van mediese sorg wil slegs ‘n “stem” hê tydens besluitneming oor hulle gesondheid.

Description

Mini Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2017.

Keywords

UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Meyer, A 2017, Die impak van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 op die dokter-pasiënt verhouding, LLM Mini Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/65686>