Effect of sequestration on the property of the solvent spouse : Section 21 of the Insolvency Act. Davies v Van Den Heever NO (16865/2017) [2019] ZAGPJHC 59 (1 March 2019)

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Roestoff, Melanie

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Ingevolge artikel 21 van die Insolvensiewet 24 of 1936 vestig die eiendom van die solvente gade na sekwestrasie van die insolvente gade se boedel in laasgenoemde se kurator. Die onus rus dan op die solvente gade om te bewys dat die betrokke eiendom aan haar behoort. In Davies v Van Den Heever, het die kurator geweier om bepaalde eiendom van die solvente gade vry te gee. Gevolglik het sy die hof genader. Die hof het beslis dat die betrokke eiendom vrygegee moet word op grond daarvan dat sy dit gedurende haar huwelik, kragtens 'n titel wat regsgeldig teenoor die insolvent se skuldeisers is, verkry het. Die hof het beslis dat die transaksie, ingevolge waarvan sy die eiendom verkry het, 'n ware transaksie was wat nie met die doel om skuldeisers te bedrieg, aangegaan was nie. Gevolglik kon dit 'n geldige titel verleen. Die aansoek in Davies is 'n ongelukkige gevolg van die Konstitusionele hof se uitspraak in Harksen v Lane, dat artikel 21 nie ongrondwetlik is nie. In Harksen het die hof die belange van skuldeisers oorbeklemtoon. Die internasionale tendens is om van die tradisionele doelwit van die verbruikersinsolvensiereg, om die maksimum voordeel vir skuldeisers te bewerkstellig, af te wyk. Volgens internasionale riglyne moet beleidsvormers 'n gebalanseerde benadering volg en toesien dat skuldeisers se belange nie bo di6 van ander partye, wat by insolvensie-aangeleenthede betrokke mag wees, geag word nie. Dit word aan die hand gedoen dat daar ander, minder indringende, wyses is om die doelwitte van artikel 21 te bereik. Die voorstelle van die Regskommissie ter wysiging van die wetsbepalings met betrekking tot vernietigbare vervreemdings dui op 'n gebalanseerde benadering en verleen opsigself voldoende beskerming aan skuldeisers.

Description

Keywords

Effect, Sequetration, Solvent spouse, Gevolge, Sekwestrasie, Solvente gade

Sustainable Development Goals

SDG-05: Gender equality
SDG-10: Reduced inequalities
SDG-16: Peace, justice and strong institutions

Citation

Roestoff, M. 2020, 'Effect of sequestration on the property of the solvent spouse: section 21 of the Insolvency Act. Davies v Van Den Heever NO (16865/2017) [2019] ZAGPJHC 59 (1 March 2019)', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 83, no. 3, pp. 430-443.