'n Sentrum vir Ontwikkelingstegnologie
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Tans staan die hele land in die teken van herkonstruksie en
ontwikkeling, en kan die rol van inligting, veral aan
onderontwikkelde gemeenskappe nie misken word nie. Metodes
moet gevind word om die regte inligting op die regte manier te
besorg aan diegene wat daaraan 'n behoefte bet. In hierdie studie
word gepoog om 'n infrastruktuur te ontwerp waar toepaslike
inligting herverpak kan word vir beskikbaarstelling aan veral die
laer sosio-ekonomiese en grootliks ongeletterde deel van die
bevolking.
Die studie vind plaas binne die raamwerk van die veronderstelling
dat die bestaanswereld saamgestel is uit 'n aantal interafhanklike
en oorvleuelende stelsels. Die probleem sal ondersoek word
binne die raamwerk van enkele oorvleulende stelsels en daar sal
gepoog word om 'n oplossing te vind binne die konteks van die
spesifieke ekosisteem wat deur die stelsels gevorm word.
Die oogpunt waaruit die studie benader word, is akademies
tydgeestelik. Die probleem en probleemveld word beskry(
waarna 'n raamwerk van aannames en parameters opgestel word,
waarbinne gepoog word om die probleem eers teoreties en dan in
die vorm van 'n gedokumenteerde ontwerp, meer konkreet op te
los.
Die term toepaslikheid in terme van terreinkeuse,
ontwikkelingstegnologie, gemeenskapsinligting en
inligtingstegnologie, sa1 deurgaans as maatstaf toegepas word.
Ook die ontwerpresultaat sal beoordeel word in terme van
toepaslikheid. Daar is deurgaans gepoog. om die probleem en die
oplossing daruvan so naby as moontlik aan die werklikheid te
hou.
Die studie bied die geleentbeid om ontwikkelingsbeboeftes in· die
algemeen, asook 'n toepaslike stedelike argitektuur, te ondersoek.
Description
Mini Dissertation (BArchitecture)--University of Pretoria, 1994.
Keywords
UCTD
