Urban Observatory : re-introducing observation and measurement to reveal the invisible city
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
The City of Gold originated in and can be defined by the interaction between what is below,
what is on its surface, and what is above. (Nuttall & Mbembe, 2008) Johannesburg
came into being through a multiplicity of tangible and intangible elements and narratives.
In this dissertation the complex layers of the city as an archipelago of fragments,
each inscribed with a specific characteristic, are investigated.
The Johannesburg Observatory is currently unused, as the starry night sky has long
been obscured by the city’s artificial radiance and pollution. The site is investigated
with the aim of re-interpreting its inherent character, and a strategic intervention is
proposed that will not only pay homage to its historic value, but also contribute to the
urban environment. The historic character inherent in the Johannesburg Observatory is
revealed as the acts of Observation and Measurement, with these becoming the guiding
themes throughout the dissertation.
The notions of looking, relooking, and analysing are translated into a toolkit to interpret
the perceived views of space and place within architectural discourse and within the
city, rendering the traces and narratives of society visible in the urban landscape. Therefore
the architecture of the proposed intervention aims to read the existing layers of the
site, which become a representation of the cross-section of the city.
The proposed programme of an Urban Observatory becomes a device for Observation
and Measurement, which is envisioned to firstly read and then accentuate the historical
significance and ecological value of the site, as well as its association with the city. This
aims to rekindle a relationship between the city-dweller and the city that could stimulate
active participation and engagement, in order to improve the social, cultural and urban
environments.
Die Stad van Goud het onstaan uit en kan beskryf word as die interaksie tussen wat onder is, wat op die oppervlak is, en wat daarbo is. Johannesburg het tot stand gekom in ‘n verweefde veelvoud van tasbare en ontasbare elemente en verhale. In die verhandeling word die komplekse lae van die stad as argipel van fragmente bestudeer, elk ingeskrewe met ‘n eiesoortige karakter. Die Johannesburgse Sterrewag is tans in onbruik as gevolg van lugbesoedeling en die kunsmatige glans van die stad se liggies. Die terrein word bestudeer met die doel om die inherente karakter daarvan te ontleed en ‘n strategiese ingryping voor te stel wat nie alleenlik eer betoon aan die historiese waarde daarvan nie, maar ook bydra tot die stedelike omgewing. Die inherente historiese karakter van die Johannesburgse Sterrewag kan uitgedruk word as Waarneming en Meting, en laasgenoemde word die deurlopende temas in die verhandeling. Om te kyk, te her-kyk, en te ontleed dien as instrumente om die waargenome siening van ruimte en plek binne die argitektoniese diskoers en binne die stad te interpreteer; hierdie idee maak die merke en verhale van die gemeenskap sigbaar binne die stedelike landskap. Dus probeer die argitektuur om die bestaande lae van die terrein te lees, en hierdie lae word ‘n voorstelling van ‘n snit deur die stad. Die Stedelike Waarnemingsplatform, as program, word ‘n toestel vir Waarneming en Meting, gevisualiseer om die historiese beduidenis, die ekologiese waarde, en die assosiasie met die stad eerstens te lees en dan te beklemtoon. Die doel is om ‘n verhouding tussen die stadsbewoner en die stad te hervestig, wat aktiewe deelname en betrokkenheid kan stimuleer om uiteindelik die kulturele, sosiale en stedelike omgewings te verbeter.

Description
Mini Dissertation (MArch (Prof))--University of Pretoria, 2016.
Keywords
UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Van der Klashorst, G 2016, Urban Observatory : re-introducing observation and measurement to reveal the invisible city, MArch (Prof) Mini Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/51416>