Is there a gap in the definition of corporate mergers in Zimbabwe's Competition Act? Revisiting the Caledonia Holdings (Africa) Limited/Blanket Mine (1983)(Private) Limited merger

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Nzero, Ignatious

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die regulering van korporatiewe samesmeltings is uiters belangrik vir die bevordering en instandhouding van ’n mededingende markstruktuur. Regulering van samesmeltings is sentraal tot die Zimbabwiese mededingingstelsel. Gevolglik waarborg ’n effektiewe samesmeltingsreguleringsraamwerk grootliks ’n effektiewe mededingingstruktuur. Die statutêre omskrywing van korporatiewe samesmeltings bepaal die toepassing van die regulerende statuut ten aansien van korporatiewe transaksies wat potensieel ! invloed kan hê op die mededingingstruktuur van die mark. Die Zimbabwiese Mededingingswet van 1996 is die hoofsamesmeltingsreguleringstatuut en verskaf die statutêre omskrywing vir korporatiewe samesmeltings. Hierdie omskrywing is egter vatbaar vir ’n verskeidenheid interpretasies, soos blyk uit die regsopinie in die Caledonia Holdings (Africa) Limited/Blanket Mines (1983) (Private) Limited-samesmelting. Die opinie maak aanspraak daarop dat die statutêre omskrywing sogenaamde konglomeraat-samesmeltings uitsluit uit die toepassingsgebied van die Mededingingswet. Hierdie artikel voer egter aan dat die huidige statutêre omskrywing wyd genoeg is om alle transaksies te dek, insluitende transaksies tussen partye met ’n ekonomies nie-verbandhoudende verhouding gebaseer op die uitleg en toepassing van die eiusdem generis-reël. Die artikel voer aan dat hierdie reël verkeerdelik uitgelê en toegepas is in die Caledonia-opinie. Nietemin, die blote feit dat die opinie aanvaar is deur die Mededingings- en Tariefkommissie, die hoof samesmeltings- reguleringsinstansie in Zimbabwe, is voldoende rede om te betoog vir ’n duideliker statutêre omskrywing van korporatiewe samesmeltings en verkrygings in die Zimbabwiese Mededingingswet. Die artikel stel dus ’n duidelike statutêre omskrywing van korporatiewe samesmeltings voor.

Description

Keywords

Statutere samesmeltings, Corporate mergers, Zimbabwiese Mededingingswet, Zimbabwe's Competition Act

Sustainable Development Goals

Citation

Nzero, I 2015, 'Is there a gap in the definition of corporate mergers in Zimbabwe's Competition Act? Revisiting the Caledonia Holdings (Africa) Limited/Blanket Mine (1983)(Private) Limited merger', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 78, pp. 589-604.