Triomf van die silwerdoek : Christiaan Olwagen se filmverwerking van Die seemeeu
Loading...
Date
Authors
Van Niekerk, Jacomien (Jacomina)
Van der Merwe, Mart-Mari
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap and Kuns
Abstract
Hierdie artikel ontleed enkele aspekte van Christiaan Olwagen se 2018-filmverwerking van Anton Tsjekow se drama Die seemeeu. In hierdie verwerking is die gegewe van die oorspronklike dramateks verplaas na die vroeë negentigerjare van die twintigste eeu in Suid-Afrika, ’n tydperk van ommekeer vir die Afrikaanse teaterbedryf. Olwagen se verwerking beeld die noodsaak vir hierdie verandering uit, maar lewer ook kommentaar op die kuns van verwerking (“adaptation”) en die huidige stand van die Afrikaanse drama- en filmwêreld. Dit span doelbewus simboliek en stereotipes in wat deur sommige Tsjekow-kenners verwerp sou word met die doel om aan die vereistes van die gehoor, spesifiek die filmkyker, te voldoen. Daar word aangetoon dat ofskoon Die seemeeu ’n verwerking is, dit vormlik en tematies aansluit by die ander films in Olwagen (’n moontlike auteur-regisseur-in-wording) se oeuvre.
Description
Keywords
Anton Tsjekow, Die seemeeu, Christiaan Olwagen, Verwerking, Film, Outeur, Drama, Gehoor, Simboliek, Stereotipes, Subjektiwiteit van die verwerker
Sustainable Development Goals
Citation
Van Niekerk, J. & Van der Merwe, M.M. 2020, 'Die triomf van die silwerdoek: Christiaan Olwagen se filmverwerking van Die seemeeu', Tydskrif vir Geesteswetenskappe, vol. 60, no. 8, pp. 108-123.