Assisting an ailing testator to sign a will

dc.contributor.authorSchoeman-Malan, M.C. (Magdalena)
dc.date.accessioned2021-02-04T06:19:57Z
dc.date.available2021-02-04T06:19:57Z
dc.date.issued2019
dc.description.abstractDie verlyding van 'n testament is 'n belangrike stap wat 'n persoon gedurende sy leeftyd doen. Die testateur word gekonfronteer met sy eie sterflikheid en die verlyding van 'n testament vereis 'n opregte en ware weerspieëling van die testateur se bedoeling. Vir 'n testament om geldig te wees, moet die verlyding daarvan binne die breë raamwerk van die formaliteite soos voorgeskryf deur die Wet op Testamente geskied. Die doel van formaliteite is tweeledig: Aan die een kant bevestig die testateur die inhoud van sy testament (sy bedoeling) en, aan die ander kant, bevestig die getuies die handtekening van die testateur. Indien 'n testateur om watter rede ook al sodanig verswak is dat hy nie meer fisies sy testament kan teken nie, moet daar ingevolge die Wet op Testamente bystand aan die testateur verleen word deur onder andere 'n kommissaris van ede. Na'n persoon se afsterwe verskuif die fokus vanaf die routydperk na die realiteit dat die afhandeling van die oorledene se boedel moet plaasvind. Indien 'n geldige testament gevind word, sal dit die verdeling van die boedel bepaal. 'n Dokument wat nie behoorlik verly is nie, is egter ongeldig en kan tot groot ongelukkigheid en familietwis lei. Daar het byvoorbeeld na die afsterwe van rugbyheld Joost van der Westhuizen, wie se gesondheid weens motorneuronsiekte erg agteruit gegaan het, 'n dispuut ontstaan oor die geldige verlyding van 'n dokument wat as sy testament voorgele is. Uit onlangse regspraak blyk dit dat waar 'n verswakte testateur 'n testament verly, die toepaslike formaliteite dikwels nie na behore nagekom word nie. Die regsaspekte wat in hierdie bydrae bespreek word sluit in: (a) die statutere vereistes van die Wet op Testamente wat nagekom moet word wanneer 'n persoon wat nie in staat is om sy eie testament te teken nie, 'n testament wil verly; (b) die verskillende wyses vir die opstel ("drafting") en verlyding ("executing") van 'n testament deur 'n verswakte persoon; (c) die rol van die Meester van die Hooggeregshof by die aanvaarding of verwerping van 'n testament, en (d) die moontlike kondonering van 'n dokument ingevolge artikel 2(3) van die Wet op Testamente wat nie aan die vereistes vir ondertekening in artikel 2(1)(a)(v) voldoen nie.en_ZA
dc.description.departmentPrivate Lawen_ZA
dc.description.librarianam2021en_ZA
dc.description.urihttp://www.lexisnexis.co.zaen_ZA
dc.identifier.citationSchoeman-Malan, M.C. 2019, 'Assisting an ailing testator to sign a will', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 82, pp. 83-101.en_ZA
dc.identifier.issn1682-4490
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/78248
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherLexisNexisen_ZA
dc.rightsLexisNexisen_ZA
dc.subjectAssistingen_ZA
dc.subjectSignen_ZA
dc.subjectWillen_ZA
dc.subjectBystanden_ZA
dc.subjectVerlydingen_ZA
dc.subjectTestamenten_ZA
dc.titleAssisting an ailing testator to sign a willen_ZA
dc.title.alternativeBystand aan 'n verswakte testateur tydens die verlyding van 'n testamenten_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
SchoemanMalan_Assisting_2019.pdf
Size:
1.24 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: