Designing success : describing a collaborative clothing design process between apprentice designers and expert design entrepreneurs

dc.contributor.authorTselepis, Thea J.
dc.contributor.authorMastamet-Mason, Anne
dc.contributor.authorAntonites, Alexander Josef
dc.contributor.emailalex1@up.ac.zaen_ZA
dc.date.accessioned2016-02-26T05:44:05Z
dc.date.available2016-02-26T05:44:05Z
dc.date.issued2015
dc.description.abstractDie Suid-Afrikaanse kledingbedryf is onder geweldige ekonomiese druk, veral ten opsigte van vervaardiging, wat ook kledingontwerp insluit. Daar is bevind dat 50% van werknemers in hierdie bedryf in 2013 afgelê is weens die feit dat kledingmaatskappye nie met goedkoop kledinginvoere in die mark kon meeding nie. Entrepeneurskap in hierdie bedryf word aangemoedig om oplossings te bied vir werkloosheid. Gevolglik is daar ’n behoefte aan platforms wat kledingontwerpers kan ondersteun wat hul eie ondernemings wil stig. Een sodanige inisiatief wat spesifiek vir kledingontwerpers in Gauteng geïmplementeer is, is deur ’n gevestigde modehuis geloods. Hierdie platform het ten doel om leerling-kledingontwerpers wat hul eie ondernemings wil begin, by te staan met tegniese opleiding en ondersteuning. Terwyl die leerling-ontwerpers se vaardighede in hierdie proses ontwikkel en verbeter word, word daar ook realistiese verwagtings oor die bedryf bewerkstellig. Die studie handel oor ’n spesifieke ontwerpproses wat toegepas is tydens ’n opleidingsprogram vir leerling-ontwerpers by die gevestigde modehuis. Die bepaalde ontwerpproses wat in hierdie studie beskryf word, is gebruik om ’n kledingreeks saam te stel wat eers op ’n internasionale modeskou ten toon gestel is en daarna na ’n spesialiteitswinkel in Gauteng gestuur is om aan ’n spesifieke teikenmark verkoop te word. Die navorsingsontwerp was ’n gevallestudie en die navorsingsmetodes was kwalitatief van aard. Die navorsingsmetodes het waarnemings van die ontwerpproses en semi-gestruktureerde onderhoude met deelnemers ingesluit. Die deelnemers het nege leerling- en drie spesialisontwerpers ingesluit. Samewerking tussen twee leerlingontwerpers en ’n spesialisontwerper het kreatiwiteit van ‘n span, in plaas van individue, tydens ‘n ontwerpproses opgelewer. Die bevindinge dui daarop dat die span se kreatiwiteit voordele inhou vir alle betrokke partye. Die bevindinge ten opsigte van kreatiwiteit dui daarop dat spesialisontwerpers die vaardigheid en aanpasbaarheid, wat twee dimensies van kreatiwiteit is, van die leerlingontwerpers gestimuleer het. Verder is daar bevind dat die leerlingontwerpers met nuwe, oorspronklike idees vorendag gekom het wat die spesialis-ontwerpers inspireer het. Die sukses van die ontwerpte reeks ten opsigte van die beeld van die handelsnaam en die feit dat dit aan die behoeftes en voorkeure van ’n bepaalde teikenmark voldoen het, dui ook daarop dat die kreatiewe omgewing ’n positiewe bydrae tot die uitkomste gemaak het. Die kreatiewe omgewing het nie net bewerkstellig dat nuwe tegnieke en idees toegepas is op die kledingreeks nie, maar daar is ook twee faktore geïdentifiseer wat belangrik is vanuit ’n besigheidsperspektief:  Realistiese verwagtinge oor wat kleding-ontwerp vir ’n bepaalde teikenmark en bemarkingsdoeleindes behels  Kreatiwiteit vanuit ’n probleemoplossings-perspektief Realistiese verwagtinge oor die bedryf, die ontwerpproses en kreatiwiteit is van uiterste belang vir die bevordering van entrepreneurskap. Die outeurs van hierdie artikel beveel aan dat die kolletiewe ontwerpproses, wat ontwerpers met verskillende vaardigheidsvlakke insluit, nie net gebruik moet word om kledingstukke te skep nie, maar ook as ’n proses om ’n veilige, kreatiewe omgewing daar te stel vir leerlingontwerpers wat ondernemings wil begin. ’n Veilige, kreatiewe omgewing behels dat leerlingontwerpers toegelaat word om foute te maak en ondersteun word om nuwe idees uit te toets, en sodoende aangemoedig word om hul entrepreneursdrome te verwesenlik.en_ZA
dc.description.librarianam2015en_ZA
dc.description.urihttp://reference.sabinet.co.za/sa_epublication/famecsen_ZA
dc.identifier.citationTselepis, TJ, Mastamet-Mason, A & Antonites, AJ 2015, 'Designing success : describing a collaborative clothing design process between apprentice designers and expert design entrepreneurs', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, vol. 43, pp. 50-61.en_ZA
dc.identifier.issn0378-5254
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/51568
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherSouth African Association of Family Ecology and Consumer Sciencesen_ZA
dc.rightsSouth African Association of Family Ecology and Consumer Sciencesen_ZA
dc.subjectSuid-Afrikaanse kledingbedryfen_ZA
dc.subjectEkonomiese druken_ZA
dc.subjectEntrepeneurskapen_ZA
dc.subjectGautengen_ZA
dc.titleDesigning success : describing a collaborative clothing design process between apprentice designers and expert design entrepreneursen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Tselepis_Designing_2015.pdf
Size:
850.19 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: