The discretionary nature of the official language clause of the Constitution

dc.contributor.authorMalan, Jacobus J. (Koos)
dc.date.accessioned2012-08-07T11:10:22Z
dc.date.available2012-08-07T11:10:22Z
dc.date.issued2011
dc.description.abstractDie mees onderskeidende eienskap van die amptelike taalklousule, soos dit in veral artikel 6(1) tot 6(4) van die Grondwet vervat is, is die diskresionêre aard daarvan. Hierdie kwessie word met verwysing na elkeen van die vier tersaaklike subartikels ontleed. Die besonderse diskresionêre aard van die taalklousule tree eweneens op die voorgrond wanneer dit met die taalklousules van al die voorafgaande Suid-Afrikaanse grondwette vanaf die Zuid-Afrikawet tot die tussentydse grondwet van 1993 asook met tersaaklike buitelandse reg vergelyk word. Die vorige grondwette het nie alleen amptelike status aan die eertydse twee amptelike tale – Engels en Afrikaans – verleen nie, maar boonop die daadwerklike gelyke amptelike gebruik van die tale in staatsake voorgeskryf. Dit het nouliks enige beweegruimte vir ’n diskresie met betrekking tot die behandeling van die amptelike tale gelaat. Daar kan ook na talle buitelandse regsbedelings met betrekking tot taal verwys word, wat by wyse van grondwetlike en gedetailleerde wetgewende bepalings die taalregte van individue en die taalbelange van gemeenskappe omvattend beskerm. In die onderhawige bespreking word daar in die besonder na die Kanadese en die Belgiese reg in hierdie verband verwys. In teenstelling met die eertydse plaaslike bepalings en die tersaaklike buitelandse reg, word al die tersaaklike subartikels – artikels 6(1) tot 6(4) van die huidige Grondwet – gekenmerk deur vaag en wyd-geformuleerde bepalings wat die uitwerking het dat ’n diskresie deur staatsorgane wat met die amptelike tale gemoeid is uitgeoefen word. Die wyse waarop hierdie diskresie uitgeoefen word, is in die finale instansie bepalend vir die wyse waarop die amptelike tale behandel word en derhalwe vir wat amptelike taalstatus in konkrete terme vir elkeen van die amptelike tale beteken, en het oor die afgelope anderhalf dekade tot grootskaalse amptelike verengelsing gelei. Teen hierdie agtergrond het ’n omvattende taalwet dringend noodsaaklik geword.af
dc.description.librariannf2012en
dc.identifier.citationMalan, K 2011, 'The discretionary nature of the official language clause of the Constitution', SA Publiekreg/SA Public Law, vol. 26, pp. 381-407.en
dc.identifier.issn0258-6568
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/19548
dc.language.isoenen_US
dc.publisherThe Verloren van Themaat Centre for Public Law Studies, UNISAen_US
dc.rightsThe Verloren van Themaat Centre for Public Law Studies, UNISAen_US
dc.subjectGrondwetaf
dc.subjectOfficial language clauseen
dc.subjectAmptelike taalklousuleaf
dc.subject.lcshSouth Africa. Constitutionen
dc.subject.lcshLanguage policy -- South Africaen
dc.subject.lcshJudicial discretion -- South Africaen
dc.subject.lcshClauses (Law)en
dc.subject.lcshLaw -- Languageen
dc.titleThe discretionary nature of the official language clause of the Constitutionen
dc.title.alternativeDiskresionere aard van die amptelike taalklousule van die Grondwetaf
dc.typeArticleen

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Malan_Discretionary(2011).pdf
Size:
217.99 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: