Condictio furtiva : gepaste remedie of deus ex machina? Crots v Pretorius 2010 6 SA 512 (HHA)
Loading...
Date
Authors
Scott, Johan (T. Johan)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Juta Law
Abstract
In die opset van ons bestaande Suid-Afrikaanse delikteregliteratuur word daar nie veel plek aan die gemeenregtelike condictio furtiva afgestaan nie. Dit verdien geen vermelding in die handboeke van McKerron (The Law of Delict (1970)), Boberg (The Law of Delict - Aquilian Liability (1984)) en Midgley, Loubser ea (Deliktereg in Suid-Afrika (2010)) nie; 'n toevallige voetnootvermelding daarvan vind mens in Van der Merwe en Olivier se handboek (Die Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg (1989) 483 n 92); Neethling en Potgieter (Neethling-Potgieter-Visser Onregmatige Daad (2010) 383) wy presies 5 reëls daaraan; en, les bes, staan Van der Walt en Midgley (Principles of Delict (2005) 42) 'n kort paragrafie (§ 34) daaraan af, waarin die beginsels rakende die aanwending van hierdie regsmiddel wat vandag "unchanged in its Roman-Dutch form" sou bestaan, geskets word. Hierdie regsmiddel kry veel meer aandag in die sakeregliteratuur, waar dit as een van die regsmiddels wat tot die eienaar van 'n saak se beskikking staan, vermeld en bespreek word (sien bv Van der Merwe "Things" XXVII LAWSA § 331-333; Carey Miller The Acquisition and Protection of Ownership (1986) 326-332; Van der Merwe Sakereg (1989) 358-359; Sonnekus en Neels Sakereg Vonnisbundel (1994) 475, 499-500; Badenhorst, Pienaar en Mostert Silberberg and Schoeman's The Law of Property (2006) 265-266; Mostert, Pope ea Die Beginsels van die Sakereg in Suid-Afrika (2010) 254-255).
Description
Keywords
Condictio furtiva
Sustainable Development Goals
Citation
Scott, J 2011, 'Die condictio furtiva : gepaste remedie of deus ex machina? Crots v Pretorius 2010 6 SA 512 (HHA)', Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 2, pp. 383-393. [http://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3648]