Deductibility of value added tax on costs incurred to raise share capital : a critical analysis of the ITC 1744 case

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Van der Zwan, Pieter
Stiglingh, M. (Madeleine)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Pretoria University Law Press (PULP)

Abstract

Maatskappye gaan dikwels wesenlike kostes aan by die uitreik van aandele om bedrywighede te finansier. Tans voer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) aangegaan op aandeeluitreikingskoste nie aftrekbaar is nie. Hierdie siening is gebaseer op die ITC 1744-saak. Die uitspraak in die ITC 1744-saak is gebaseer op die mening uitgespreek in ´n Europese hofsaak wat in 1994 beslis is. Sedertdien het die European Court of Justice (ECJ) in ´n aantal sake die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste oorweeg en beslis dat insetbelasting in sekere gevalle aftrekbaar sal wees. In hierdie artikel word die vraag gestel of argumente soortgelyk aan die argumente gevolg deur die ECJ in Suid-Afrika aangevoer kan word. Gebaseer op die ontleding van die argumente in die ECJ-beslissings, binne die konteks van die Suid-Afrikaanse wetgewing, word aangevoer dat daar gebiedende gronde bestaan om in Suid-Afrika te argumenteer dat ´n aandeeluitreiking nie ´n lewering daarstel nie en dat aandeeluitreikingskoste as ´n algemene bokoste beskou kan word. Hierdie argumente kan die SAID aanmoedig om die siening wat tans gehuldig word by die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste in Suid-Afrika, te hersien.
It is at the heart of any business to raise capital to start up or expand its activities. In doing so, several types of costs, such as share transfer secretarial charges, legal fees, fees payable to merchant bankers and specialist consultants, as well as listing fees, may be incurred, often in significant amounts, especially in the private equity industry. Value added tax (VAT) is levied on the supply of these services. The level of share issue costs is significantly affected by the deductibility (or not) of the VAT paid on the share issue costs incurred by the entity issuing the shares and can become an important factor in determining how and how much finance will be raised.

Description

Keywords

ITC 1744 case, ECJ arguments

Sustainable Development Goals

Citation

Van der Zwan, P & Stiglingh, M 2011, 'Deductibility of value added tax on costs incurred to raise share capital : a critical analysis of the ITC 1744 case', De Jure, vol. 44, no. 2, pp. 319-338.