Insolvency, employment disqualification, and precarity
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Hierdie artikel ondersoek die diskwalifikasie van insolvente persone om sekere beroepe te mag beoefen en die uitwerking daarvan op hulle vermoë om 'n inkomste te verdien. Die gevolge van sodanige diskwalifikasie is beide voor die hand liggend en gevarieerd. Die eerste aspek om in ag te neem is dat sekwestrasie van 'n skuldenaar se boedel insolvente skuldenaars van sekere regte ontneem en hulle regsbevoegdhede om te kontrakteer en te litigeer, asook om sekere ampte te beklee of om sekere beroepe te volg, beperk. Die tweede aspek hou verband met die erodering van moontlikhede om 'n lewensbestaan te maak – asook van werksekerheid. Die vermoë om 'n inkomste te verdien is 'n sentrale anker van die sekuriteit van indiensneming en burgerskap. Sodanige diskwalifikasie vererger die onsekerheid van indiensneming en belemmer die uitbreiding van grondwetlike en statutêre indiensnemingsbeskerming. Alhoewel die sekwestrasie van die boedel van 'n persoon nie daardie persoon se dienskontrak noodwendig outomaties beëindig nie, word toegang tot statutêre onbillike ontslagremedies ingevolge artikel 186 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 verswak omrede diensbeëindiging as gevolg van insolvensie analoog is aan geagte ontslag. Die artikel voer aan dat sodanige diskwalifikasie en daaropvolgende uitdiensstelling onvermydelik aanleiding gee tot onsekerheid van 'n lewensbestaan vir die insolvent.
Description
This article partly derives from Dr Mabe’s doctoral thesis – A comparative analysis of an insolvent’s capacity to earn a living within the South African constitutional context
(PhD thesis, University of Pretoria 2022).
Keywords
Employment disqualification, Indiensnemingsdiskwalifikasie, Onsekerheid, Precarity, Insolvency, Insolvensie, Artikel 186 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995, Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995, Section 186 of the Labour Relations Act, Labour Relations Act 66 of 1995
Sustainable Development Goals
SDG-16: Peace,justice and strong institutions
Citation
Mabe, Z.& Maloka, T.C. 2024, 'Insolvency, employment disqualification, and precarity', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 87, no 2, pp. 137-155.