Strategic issues in purchasing management for manufacturing enterprises
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
English: The study "Strategic issues in purchasing management for manufacturing
enterprise" considers the premise that manufacturing enterprises are facing
increased competition and are operating in a dynamic environment. A
detailed literature survey was undertaken and an empirical study of a sample
of one hundred and fifty industrial enterprises was conducted. The findings
of the study indicate that enterprises are constantly adapting to changes in the
marketplace. The changes include regulations, deregulations, globalization,
advancing customer focused technology and services, growing quality
requirements and constant cost improvement pressures. Strategically
managing purchased goods and services positions manufacturing enterprises
to turn these changes into a competitive advantage by leveraging the
company's purchasing power and maximizing the contribution of the supply
base through mutually aligned interests.
The study presents an opportunity for the purchasing department to stand out
as a strategic leader. The study offers specific plans on how strategic
management of purchased goods and services can contribute to the enterprise's
objectives. In order to achieve the overall objectives of the enterprise, the
purchasing department must clearly understand what are the strategic issues
in purchasing management and must define its role in the change effort. In
addition it must plan for implementation of the change throughout the
enterprise. Within this context purchasing is identified as a constantly evolving
function in its role as a marketer to the internal customers within the
manufacturing enterprise, marketer to the external suppliers and a participant
in the corporate management process. This study examines the evolution of
purchasing and projects trends which are concomitant with strategic
purchasing.
"Strategic issues in purchasing management for manufacturing enterprise"
notes that the management of sources of materials and services is of vital importance especially for manufacturing enterprises. In addition the study
recognises changes in customer demands and competitive offerings and noted
the gaps between early strategic involvement of purchasing and product
innovation management. The new product development process requires
purchasing' s input in view of the fact that outside suppliers will provide
materials that constitute a majority of the cost of a new product. In addition,
suppliers may provide new product and process technologies that are critical
to the development effort. Purchasing is ideally located to manage this
interaction.
Considering the rapid evolution of the purchasing function, "Strategic issues
in purchasing management for manufacturing enterprise" recommends that
enterprises move away from the functional and transactional focused
purchasing practices and move towards an approach requiring interaction with
overall business objectives, business market intelligence, total cost decision
making, cross functional input, more integrated supply base, management of
the entire supply chain and finally customer focus. This relationship approach
causes a shift in purchasing philosophy from low price buying to total cost
management. This paradigm shift from that of managing a transaction, to that
of managing the cost of an entire business process, the process that starts with
design of the product or service and ends with the ultimate disposal of the
product or completion of the service, propels purchasing closer to strategic
business issues.
Finally, making recommendations on the basis of preconceived ideas is easier
than coming up with advice based on evidence. Therefore, this study presents
an opportunity and a point of departure for further research and debate in the
areas of best practices and globalisation.
Afrikaans: In die studie, "Strategiese aspekte rakende aankoopbestuur in vervaardigingsondememings", word die aanname ondersoek dat vervaardigingsondernemings toenemende mededinging in die gesig staar en in 'n mededingende omgewing moet funksioneer. Vanuit hierdie konteks beskou, behoort die aankoopfunksie binne die hierargiese struktuur van die onderneming vanaf 'n posisie van "korporatiewe obskuriteit" tot 'n meer aktiewe en getntegreerde rol ingespan te word. Topbestuur aanvaar huiwerig dat dit in 'n kostemededingende omgewing verstandig sal wees om aankope se winsgenererende potensiaal te ontwikkel. Die fokus van hierdie studie was om vas te stel of topbestuur die aankoopafdel ing as 'n kundigheidsentrum vir alle aangeleenthede wat betrekking het op die voorsieningsomgewing beskou. Sentraal tot die uitgangspunt om aankope as 'n kundigheidsbron te ontwikkel, is die vermoe van aankoopbestuurders om hul fokus tot groter as die tradisionele rol van die aankoopafdeling te verbreed. Dit impliseer 'n herfokus van die aankoopafdeling se pogmg om gemoeld te wees met meer strategiese oorwegings, weg van die tradisionele en meer taktiese kwessies van aankope, naamlik die regte produkte in die regte hoeveelhede en teen die regte pryse. 'n Uitgebreide literatuurondersoek is gedoen en 'n empiriese studie, gegrond op 'n steekproef van 'n honderd-en-vyftig industriele ondernemings, is uitgevoer. Die bevindings dui daaropdat ondernemings voortdurend by veranderings in die mark aanpas. Die veranderings sluit die volgende in: regulering, deregulering, gerigtheid op 'n wereldmark, die opkoms van klientgerigte tegnologieen dienste, toenemende kwaliteitsvereisies en voortdurende druk op kostebespaaring. Volgens 'n omvattende literatuurondersoek kan vervaardingsondernemings hulself met behulp van die strategiese aankoopbestuur van goedere en dienste op so 'n wyse posisioneer dat hulle die_ genoemde veranderings tot 'n mededingende voordeel kan aanwend, die maatskappy se aankoopkrag benut en die bydrae van die voorsieningsbasis te maksimiseer deur onderlinge belange te versoer. Die bevindinge van hierdie studie bevestig egter dat daar mm of geen betekenisvolle betrokkenheid van aankope in strategieformulering voorkom nie. Die onverantwoordbare beskouing van aankope reduseer dit tot 'n suiwer klerikale funksie. Dit word verder gereflekteer in die verwerping van die hipotese dat aankope 'n gedeelde besluit is. Nog 'n bevinding van die studie is dat die huldige praktyke, wat die omvang van die aankoopfunksie karakteriseer, oor die volgende vyf jaar onveranderd sal bly. Hierdie bevinding geld vir alle soorte bedrywe, naamlik klein, medium en groot. Die navorsing wys op geleenthede wat die aankoopafdeling om uit te styg as 'n strategiese leier. Spesifieke planne waardeur die strategiese bestuur van aangekoopte goedere en dienste kan hydra tot die onderneming se doelwitte, word ook uitgewys. Ten einde die oorkoepelende doelwitte van die onderneming te bereik, moet die aankoopafdeling 'n duidelike begrip he van die strategiese vraagstukke by aankoopbestuur en die afdeling moet sy eie rol in die herposisionering duidelik omskryf. Verder moet beplan word vir die implementering van die strategiese verandering regdeur die onderneming. Binne hierdie konteks word aankope aangedui as 'n voortdurend ontwikkelende funksie, wat 'n rol speel as 'n be marker aan die interne gebruikers binne die onderneming, bemarker aan die eksterne leweransiers asook as 'n aktiewe deelnemer aan die korporatiewe bestuursproses. Die studie ondersoek ook die ontwikkelings rakende aankope en projekteer tendense wat vir strategiese beplanning van belang is. Die studie "Strategiese aspekte rakende aankoopbestuur in vervaardigingsondernemings" toon aan dat die bestuur van goedere en dienstebronne van deurslaggewende belang vir veral die vervaardigingsondernemings is. Verder identifiseer die studie veranderings in klienteverwagtings en mededingende aanbiedinge en dui ook gapings tussen vroee strategiese betrokkenheid van aankoop en produkontwikkelingsbestuur aan. Die nuwe produkontwikkelingsprosesse vereis die aankoopafdeling se insette, omdat eksterne leweransiers materiaal verskaf wat 'n groot gedeelte van die koste van 'n nuwe produk bepaal. Hierbenewens mag leweransiers ook oor nuwe produk- en prosestegnologie beskik wat belangrik is vir die ontwikkelingspoging kan wees. Die aankoopafdeling is in die ideale situasie om hierdie interaksie te bestuur. Met inagneming van die snelle ontwikkeling van die aankoopfunksie, word aanbeveel dat ondernemings wegbeweeg van die funksionele- en transaksiegerigte aankooppraktyke. Hulle behoort eerder 'n benadering na te streef wat die oorkoepelende ondernemingsdoelstellings, omgewingsinligting, totale kostebesluitneming, vasstelling, kruisfunksionele insette, 'n meer ge10tegreerde voorsieningsbasis, bestuur van die hele voorsieningsketting en klantgerigtheid integreer. Dit vereis egter 'n verskuiwing in die aankoopfilosofie van lae prysaankope na totale kostebestuur en uiteindelik klantgerigtheid. Sodanige paradigmaverskuiwing weg van die bestuur van 'n transaksie, na die bestuur van 'n algehele bedryfsproses, 'n proses wat begin met produk of voltooiing van die <liens bring aankope nader aan die strategiese vraagstukke van die onderneming. Dit is ten slotte makliker om aanbevelings te maak op grond van vooropgestelde idees, eerder as om advies te gee op grond van empiriese bewyse. Daarom poog hierdie studie om 'n vaste vertrekpunt vir verdere navorsing te bied en om 'n bydrae te lewer tot die debat waarin na die beste metodes in internasionale verband gesoek word.

Description
Thesis (DCom (Business Management))--University of Pretoria, 1997.
Keywords
UCTD, Purchasing management, Manufacturing enterprises, Strategic issues, Technology, Customer demands
Sustainable Development Goals
Citation
*