Antichresis, hemiolia and the statutory limit on interest in Gerard Noodt's de foenore et usuris
Loading...
Date
Authors
Thomas, P.J. (Philippus Johannes)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Rente is kontroversieel. Die Hollandse regsprofessor Gerard Noodt was ’n
kampvegter vir hierdie instelling en het die aangeleentheid in ’n monografie
sistematies behandel. Die artikel ondersoek Noodt se uiteensetting van hoe die
statutêre beperkings omseil word. Noodt behandel antichresis uitvoerig en kom
tot die konklusie dat die statutêre limiet ook hier van toepassing was. Dit is
egter duidelik dat die moontlikheid om rente in ander vorme te ontvang kontrole
bemoeilik. Bowendien was die statutêre beperking nie op landbou produkte
van toepassing nie. Gevolglik het woekeraars gestipuleer dat die geleende
geld asook die rente in die vorm van landbou produkte terugbetaal moet word.
Keiserlike wetgewing het die probleem aangespreek in C Th 2 33 1, maar die
hemiolia het ’n rentekoers van vyftig persent gebly totdat Justinianus dit afgeskaf
het. Noodt se benadering is om die ekonomiese oorwegings bo die moraliteit
van die saak te stel.
Description
Keywords
Antichresis, Hemiolia
Sustainable Development Goals
Citation
Thomas, PJ 2007, 'Antichresis, hemiolia and the statutory limit on interest in Gerard Noodt's de foenore et usuris', De Jure, vol. 1, no. 40, pp. 52-68. [www.lexisnexis.co.za]