Body shape versus body form : a comparison of the body shapes of female Swazi consumers with those of body forms used in apparel manufacturing

dc.contributor.authorDe Klerk, Helena Maria
dc.contributor.authorMabuza, Letsiwe Lindiwe
dc.contributor.authorAdamski, Karien
dc.contributor.emailhelena.deklerk@up.ac.zaen_ZA
dc.date.accessioned2015-05-08T12:58:34Z
dc.date.available2015-05-08T12:58:34Z
dc.date.issued2014
dc.description.abstractOm goeie pas te verseker is dit belangrik dat klein- en grootskaalse klerevervaardigers klere vervaardig wat die groottes en liggaamsvorme van hul teikenmark sal pas. Vir die pas van klere maak groot- en kleinskaalse klerevervaar-digers gebruik van kommersiële pas-modelle, waarvan die groottes en vorme veronderstel is om dieselfde te wees as die groottes en vorme van die teikenmark. Soos in baie ander lande, is geen antropometriese data van die Swazi-populasie beskikbaar nie, en ondervind veral die kleinskaalse klerevervaardigers in Swazi-land steeds menige probleme met die pas van hul vervaardigde klere. Die doel van die studie was eerstens om die mees algemene vroulike Swazi-liggaamsvorm wat vir die vervaardiging van kommersiële pas-modelle gebruik kan word, te identifiseer, en tweedens om die mees algemene Swazi-liggaamsvorm met die lig-gaamsvorme van beskikbare kommersiële pas-modelle te vergelyk. Die steekproef het bestaan uit 101 jong Swazi-vroue, ouderdom 18-30 jaar, en met ’n grootte 32 en 34 borsmaat. Die studie is in twee fases uitgevoer. In fase 1 is die liggaamsmates van die steekproef en twee verskillende handels-naam kommersiële pas-modelle geneem en vergelyk. In fase 2 is die pas van ’n basiese rok wat volgens die mates van die geïdentifiseerde mees algemene Swazi-liggaamsvorm (grootte 32 en 34) gemaak is, op die kommersiële pas-modelle geëvalueer. Die resultate het getoon dat die mees algemene Swazi-liggaamsvorm die driehoekige liggaams-vorm is, gevolg deur die uurglas-liggaamsvorm. In teenstelling met wat verwag is, was die liggaamsvorm van die pas-modelle nie die uur-glas of ideale liggaamsvorm nie, maar wel ’n langwerpige en driehoekige liggaamsvorm. Daar was betekenisvolle verskille tussen die lig-gaamsmates van beide groottes driehoekige Swazi-liggaamsvorms en die mates van die twee verskillende handelsnaam-pas-modelle. Die evaluering van die pas van ’n basiese rok, gemaak volgens die mates van die geïden-tifiseerde mees algemene Swazi-liggaamsvorm (grootte 32 en 34 Swazi) op die kommersiële pas-modelle, het dan ook pas-probleme uitge-wys. Die resultate het implikasie vir vervaar-digers van pas-modelle sowel as van klere wat vir die Swazi-mark bedoel isen_ZA
dc.description.librarianam2015en_ZA
dc.description.urihttp://reference.sabinet.co.za/sa_epublication/famecsen_ZA
dc.identifier.citationDe Klerk, HM, Mabuza, LL & Adamski, K 2014, 'Body shape versus body form : a comparison of the body shapes of female Swazi consumers with those of body forms used in apparel manufacturing', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences / Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe, vol. 42, pp. 85-101.en_ZA
dc.identifier.issn0378-5254
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/45078
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherSouth African Association of Family Ecology and Consumer Sciencesen_ZA
dc.rightsSouth African Association of Family Ecology and Consumer Sciencesen_ZA
dc.subjectBody shapeen_ZA
dc.subjectBody formen_ZA
dc.subjectFemale Swazi consumersen_ZA
dc.subjectApparel manufacturingen_ZA
dc.titleBody shape versus body form : a comparison of the body shapes of female Swazi consumers with those of body forms used in apparel manufacturingen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
DeKlerk_Body_2014.pdf
Size:
1.07 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: