Openheid, geslotenheid en moontlikheid : die reformatore en ander godsdienste

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Beyers, Jaco

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

AOSIS Open Journals

Abstract

Inter-godsdienstige verhoudinge was nog altyd problematies. Teologie van godsdiens en teologie van godsdienste is die wyse waarop die Christendom oor die teenwoordigheid en aard van ander godsdienste besin. Die kerkhervormers het ook ʼn bepaalde verstaan van die bestaan van en verhouding tussen die Christendom en nie-Christelike godsdienste gehad. Hierdie bydrae probeer aantoon hoe die kerkhervormers verskil het in hulle benadering tot ander godsdienste. Martin Luther en Philipp Melanchthon het die moontlikheid van verhoudinge met ander godsdienste, in besonder Jode en Moslems voorgestaan, al was dit dan ook net ʼn momentele mening van Luther. Daarmee verteenwoordig hulle ʼn kategorie van ‘moontlikheid’. Johannes Calvyn was meer afwysend teenoor die gedagte van moontlikheid van heil binne ander godsdienste en behoort daarom tot die kategorie van ‘geslotenheid’. Die kerkhervormer Theodore Bibliander was oop vir gesprek en positief oor verhoudinge met Moslems alhoewel hy nie gedink het dat heil en verlossing buite die Christendom moontlik is nie. Vir Bibliander het verhouding met ander begin, met kennis van die ander. Hy verteenwoordig die kategorie van ‘openheid’. Die kerkhervormers se verstaan van die verhouding met ander godsdienste lewer ʼn bydrae tot ʼn huidige besinning oor inter-godsdienstige verhoudinge.

Description

Keywords

Christendom, Inter-godsdienstige verhoudinge, Kerkhervormers, Nie-Christelike godsdienste, Openness, Closedness and possibility, Reformation

Sustainable Development Goals

SDG-04: Quality education
SDG-10: Reduced inequalities
SDG-16: Peace, justice and strong institutions

Citation

Beyers, J., 2017, ‘Openheid, geslotenheid en moontlikheid: Die reformatore en ander godsdienste’, in ‘Nadenke oor 500 jaar se Reformatoriese teologie’, HTS Theological Studies/Teologiese Studies, suppl. 11, 73(5), a4565. https://DOI.org/10.4102/hts.v73i5.4565.