The solvent spouse's obligation to claim release of property - revisiting section 21 of the Insolvency Act 24 of 1936 : Van Dyk v Donnovan Theodore Majiedt Inc (4070/2021) [2021] ZAFSHC 246 (22 October 2021)
Loading...
Date
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Hierdie vonnisbespreking handel oor vrae wat voortspruit uit die uitspraak van die Vrystaatse Hoë Hof in Van Dyk v Donnovan Theodore Majiedt Inc (4070/2021) [2021] ZAFSHC 246 (22 Oktober 2021) waar die hof die voorlopige kurators se bevoegdheid ingevolge artikel 18(3) van die Insolvensiewet 24 van 1936, om bates van ʼn insolvente boedel te verkoop, bevestig het. Alhoewel die uitspraak nie in hierdie opsig gekritiseer kan word nie, laat dit sekere vrae ontstaan na aanleiding van punte in limine wat die applikant, ʼn skuldeiser wat tussenbeide getree het, en die gade van die insolvent wat buite gemeenskap van goed met hom getroud is, geopper het. Die applikant het, onder andere, beweer dat haar insolvente gade ʼn bedrag geld aan haar geskuld het op grond van ʼn leningsooreenkoms wat sy met hom gesluit het. Die hof het nie hierdie eis of skuldoorsaak op die feite aanvaar nie. Die uitspraak dui egter daarop dat die beweerde eis in die insolvente boedel van die man gevestig het en dat die solvente gade dus eers vrygawe daarvan van die kurator sou moes eis alvorens sy daarop sou kon staatmaak (a 21 van die Insolvensiewet 24 van 1936). In hierdie bespreking, en in die lig van kritiek teen artikel 21 en ontwikkelings elders, word aangevoer dat hierdie uitspraak nog ʼn voorbeeld van die kritiek teen die artikel daarstel. Daar word aan die hand gedoen dat artikel 21 onhoudbaar in ʼn moderne insolvensieregstelsel is en dat daar meer aanvaarbare maniere is om met die aangeleentheid wat artikel 21 wil aanspreek, te handel. Daar word ook aangevoer dat selfs die aanvanklike rede vir die invoering van ʼn artikel 21-tipe bepaling – om die bewyslas vir die kurator te vergemaklik in die aanval op gesimuleerde transaksies tussen gades wat daarop gemik is om skuldeisers te bedrieg – nie hierdie toepassing van artikel 21 sou ondersteun nie.
Description
Keywords
Solvente gade, Solvent spous, Section 21 of the Insolvency Act 24 of 1936, Artikel 21 van die Insolvensiewet 24 van 1936, Insolvency Act 24 of 1936, Insolvensiewet 24 van 1936, Release of property, Vrygawe van bates
Sustainable Development Goals
SDG-16: Peace,justice and strong institutions
Citation
Boraine, A. & Roestoff, M. The solvent spouse's obligation to claim release of property - revisiting section 21 of the Insolvency Act 24 of 1936: Van Dyk v Donnovan Theodore Majiedt Inc (4070/2021) [2021] ZAFSHC 246 (22 October 2021)', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law , vol. 87, no. 4, pp. 545-553.