Die rol van die biokenetikus en die bestuur van aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)

dc.contributor.advisorKruger, P.E. (Pieter Ernst)
dc.contributor.emailrethacalitz@telkomsa.neten_US
dc.contributor.postgraduateCalitz, Margaretha
dc.date.accessioned2014-06-17T13:08:26Z
dc.date.available2014-06-17T13:08:26Z
dc.date.created2014-04-25
dc.date.issued2013en_US
dc.descriptionThesis (PhD)--University of Pretoria, 2013.en_US
dc.description.abstractAandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) is een van die deeglikste nagevorste opvoedkundig-sielkundige versteurings. Dit is ook een van die versteurings waarvan die voorkoms drasties vermeerder het oor die laaste drie dekades, met ʼn voorkoms by skoolkinders van 3 tot 17%. Dit kom ook by volwassenes voor. Stimulantmedikasie word algemeen in die behandeling van ATHV voorgeskryf. Ander algemene behandelingsmodaliteite sluit onder andere gedragsterapie, dieët aanpassings en arbeidsterapie in. Oefening as hulpmiddel in die bestuur van ATHV, word goed in die literatuur beskryf, maar word ten spyte hiervan nie algemeen voorgeskryf in die behandeling van ATHV nie. Die primêre doel van die studie was om die rol wat die biokinetikus as oefenkundige te speel het in die bestuur van ATHV, te ondersoek. Die hipotese was dat ATHV-pasiënte wat deelneem aan ʼn oefenprogram onder leiding van ʼn biokinetikus, ʼn verbetering sal toon in akademiese prestasie en gedrag. Die verband tussen ATHV-simptome, aërobiese fiksheid, soepelheid, liggaamsamestelling en balans is ook ondersoek. Deur middel van ʼn meervuldige gevallestudieontwerp is die rol van die biokinetikus in dié verband ondersoek. ʼn Gemengde benadering, met kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe elemente, is gebruik ten einde ʼn ryk en omvattende studie te kon doen. Riglyne vir die assessering van ATHV-pasiënte, asook beste oefenpraktyke, is uit die literatuur afgelei. Vyf deelnemers het vir ʼn tydperk van twee tot drie skoolkwartale aan die studie deelgeneem. Die intervensie het bestaan uit ʼn oefenprogram van ongeveer 30 minute per dag, vyf dae per week. Al die deelnemers is vooraf, asook tydens en na die studie getoets aan die hand van die volgende: Liggaamsamestelling, aërobiese fiksheid, soepelheid en balans. Onderhoude met onderwyseresse en ouers, skoolrapporte en vraelyste is verder gebruik om inligting in te samel. Deelnemers het ook narratiewe verslae gelewer oor die belewenis van hulle deelname. Die resultate van hierdie studie het die hipotese ondersteun. Die deelnemers het verbeterings ten opsigte van akademiese prestasie en gedrag getoon. Hulle aërobiese kapasiteit, liggaamsamestelling, soepelheid en balans het ook verbeter en die verband tussen die onderskeie parameters en die ATHVsimptome van elke deelnemer, is aangetoon en individueel bespreek. ʼn Gedeelde sorgooreenkomsmodel is ontwikkel om die rol van die biokinetikus duidelik aan te dui. ʼn Evaluasieprotokol vir gebruik deur biokinetici is ontwikkel en riglyne vir programontwerp vir die ATHV-pasiënt is saamgestel. Die gevolgtrekking van die studie is dat die biokinetikus ʼn besliste rol te speel het in die bestuur van ATHV.en_US
dc.description.availabilityunrestricteden_US
dc.description.departmentBiokinetics, Sport and Leisure Sciencesen_US
dc.description.librariangm2014en_US
dc.identifier.citationCalitz, M 2013, Die rol van die biokenetikus en die bestuur van aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV), PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/40267>en_US
dc.identifier.otherD14/4/137/gmen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/40267
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 2013 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_US
dc.subjectAandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)en_US
dc.subjectBiokinetikaen_US
dc.subjectAërobiese oefeningen_US
dc.subjectLiggaamsamestellingen_US
dc.subjectSoepelheiden_US
dc.subjectBalansen_US
dc.subjectAërobiese kapasiteit (VO2maks)en_US
dc.subjectAkademiese prestasieen_US
dc.subjectGedragen_US
dc.subjectUCTDen_US
dc.titleDie rol van die biokenetikus en die bestuur van aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV)en_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Calitz_Rol_2013.pdf
Size:
16.6 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: