Identifisering met die held en die emosionele betrokkenheid van kykers by rolprentdramas
Loading...
Date
Authors
Human, Francois
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Success or failure in achieving identification with characters plays a decisive role
in the emotional involvement of motion picture drama viewers. The author of this
article identified 270 specific guidelines and techniques for creating effective
identification with characters from existing sources. These guidelines and
techniques are broadly divided into five categories: needs, motivations and goals;
personality traits; physical traits; circumstances; and behaviour. These guidelines
and techniques are deliberately and effectively applied in screenplays that are
commercially successful, but are lacking or ineffectively utilised in most
commercially unsuccessful screenplays. In this article the five categories of
identification techniques are discussed and illustrated with examples from motion
picture dramas. The article concludes with a comparison between the utilisation,
or lack of utilisation, of identification techniques in the first acts of the Hollywood
production The Karate Kid and the South African production Brutal Glory
respectively.
Sukses of mislukking om identifisering te skep, speel ’n beslissende rol in die emosionele betrokkenheid van rolprentdrama-kykers. Die outeur van hierdie artikel het 270 riglyne en tegnieke vir die skep van effektiewe identifikasie met karakters uit bestaande bronne geïdentifiseer. Hierdie riglyne en tegnieke is breedweg in vyf kategorieë ingedeel, naamlik: behoeftes, motiverings en doelwitte; persoonlikheidseienskappe; fisiese eienskappe; omstandighede; en handeling. Hierdie riglyne en tegnieke word doelbewus en effektief aangewend in draaiboeke wat kommersieel suksesvol is, maar ontbreek of word oneffektief aangewend in die meeste draaiboeke wat kommersieel onsuksesvol is. In hierdie artikel word die vyf kategorieë identifiseringstegnieke bespreek en toegelig met voorbeelde uit rolprentdramas. Die artikel word afgesluit met ’n vergelyking tussen die benutting van identifiseringstegnieke, of die gebrek daaraan, in die eerste bedrywe van onderskeidelik die Hollywood-produksie The Karate Kid en die Suid-Afrikaanse produksie Brutal Glory.

Description
Keywords
Rolprentdramas, Motion picture dramas, Identifisering met die held, Identification with the hero, Emosionele betrokkenheid, Emotional involvement, Kykers, Viewers
Sustainable Development Goals
Citation
Human, F 2010, 'Identifisering met die held en die emosionele betrokkenheid van kykers by rolprentdramas', LitNet Akademies, vol. 7, no. 2, pp. 48-64. [http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news&cat=201&cause_id=1270]