Die ‘laaste oordeel’ volgens die eskatologie van Jürgen Moltmann. 'n Kritiese evaluering

dc.contributor.advisorBuitendag, Johan
dc.contributor.emailen_US
dc.contributor.postgraduateVan Wyk, Marius
dc.date.accessioned2014-08-18T07:05:51Z
dc.date.available2014-08-18T07:05:51Z
dc.date.created2014-04-25
dc.date.issued2014en_US
dc.descriptionDissertation (MA Theol)--University of Pretoria, 2014.en_US
dc.description.abstractJürgen Moltmann se panenteïstiese ontologie en sy oortuiging dat die Drieënige God met die skepping in ‘n dinamiese perichoretiese verhouding is, lei sy logika tot die gevolgtrekking dat tydens die laaste oordeel God alles en almal universeel gaan red. Gegewe egter die huidige ekologiese krisis, is daar nog genoeg tyd oor vir hierdie evolusionêre proses om in die konsummasie van die wêreld te kulmineer? Maar al sou die uiteindelike redding van alle wesens tog wel so realiseer, maak dit enigsins sin dat organismes wat lewe bedreig, ook gered word? Moltmann se dialektiese ontologie blyk in die afwesigheid van ‘n God-wêreld dualisme nie lewensvatbaar te wees nie. As gevolg van God se alomteenwoordigheid is ‘n terrein buite Hom nie moontlik nie. Belangrike hermeneutiese kwessies inaggenome, is die Bybelse getuienis van God se oordeel met ‘n dubbele uitkoms tog sterk. Die enkele tekste wat voorgehou word om universele redding te attesteer, is nie noodwendig in konflik met die ander, oorweldigende oorvloed van teksgedeeltes wat wel op ‘n Laaste Oordeel-leer dui nie. Hoewel Moltmann die vryheid van die mens erken, glo hy dat die mens nie ‘n keuse vir of teen God kan maak nie. Die moontlikheid van die mens se keuse teen God, verhoed dat God tydens die konsummasie van die skepping sy eie "nie-syn" transendeer. Tog word die liefde van God vir die mens verklaar en bevestig juis deur sy/haar Godgegewe vryheid om self te kies. Deur God se liefde vir die mens word Hy kwesbaar, en deur die mens se “nee” vir God, word die dialektiek in God nooit opgehef nie. God is immers aan Homself getrou en respekteer daarom die mens se vryheid. Hoewel Hy uiteindelik tydens die kosmiese Sabbat vervul word deur die wat aan Hom behoort, treur Hy ook oor diegene wat hulle aan die buitekant van sy eskatologiese koninkryk bevind. Daarom word gekonkludeer dat Moltmann se postulaat ‘n non sequitur is. God gaan die mensdom weliswaar oordeel en die gevolge daarvan is ‘n onafwendbare dualisme – hemel en hel.en_US
dc.description.availabilityunrestricteden_US
dc.description.departmentDogmatics and Christian Ethicsen_US
dc.description.librariangm2014en_US
dc.identifier.citationVan Wyk, M 2014, Die ‘laaste oordeel’ volgens die eskatologie van Jürgen Moltmann. 'n Kritiese evaluering, MA (Theol) dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/41373>en_US
dc.identifier.otherE14/4/396/gmen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/41373
dc.language.isoenen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 2014 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_US
dc.subjectPanenteïstiese ontologieen_US
dc.subjectDrieënige Goden_US
dc.subjectBybelse getuienis van Goden_US
dc.subjectEkologiese krisisen_US
dc.subjectUCTDen_US
dc.titleDie ‘laaste oordeel’ volgens die eskatologie van Jürgen Moltmann. 'n Kritiese evalueringen_US
dc.typeDissertationen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanWyk_Laaste_2014.pdf
Size:
2.76 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: