Die verband tussen uitbranding en veerkragtigheid onder eerste en tweedejaar BCom studente aan die Universiteit van Pretoria

dc.contributor.advisorStrasheim, Arienen
dc.contributor.emailvanderrossmr@ufs.ac.zaen
dc.contributor.postgraduateVan der Ross, Melissa Reynellen
dc.date.accessioned2016-06-09T13:08:16Z
dc.date.available2016-06-09T13:08:16Z
dc.date.created2016-04-06en
dc.date.issued2015en
dc.descriptionMini Dissertation (MCom)--University of Pretoria, 2015.en
dc.description.abstractHierdie studie fokus op positief sielkundige konstrukte soos veerkragtigheid as positiewe krag en die sterk invloed daarvan op alle vlakke van uitbranding. Die studie neem die standpunt in dat dit belangrik is om ondersoek in te stel na die invloed van positiewe konstrukte en die invloed daarvan op die lewens van mense. Verder bied die studie meer spesifieke insig rakende die faktore wat studente in staat stel om bo algemene akademiese en persoonlike uitdagings uit te styg en te floreer. Die doel van die studie was om die verband tussen veerkragtigheid en uitbranding te bepaal, en verder om ondersoek in te stel rakende die vraag of daar verskille bestaan met betrekking tot ras, geslag, jaar van studie, beskouing van akademiese prestasie, persepsies rakende werkslading en tevredenheid met prestasie. Data is ingesamel deur elektroniese opnames per e-pos uit te stuur aan voorgraadse studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) deur gebruik te maak van die Universiteit se Qualtrics-sisteem. ? Totaal van (n=361) studente het deelgeneem aan die studie. Die studie het gebruik gemaak van bevestigende faktorontleding om die teoretiese strukture van konstrukte te evalueer. Strukturele vergelykingsmodellering (SVM) is gebruik om beide meervoudige regressie ("multiple regression"), en bevestigende faktorontleding te kombineer. Die aard van verhoudinge tussen veranderlikes is met behulp van SVM verduidelik. Die resultate toon dat die passing van beide modelle aanvaarbaar is nadat sekere items verwyder is. Verder toon resultate dat daar nie ? betekenisvolle verband bestaan tussen veerkragtigheid en uitbranding nie en dat slegs die dimensie van vasberadenheid ? statisties betekenisvolle negatiewe verwantskap met uitbranding toon (b4=?0.614, p<0.01 en ?=0.01). Resultate toon betekenisvolle verskille met betrekking tot geslag, beskouing van akademiese prestasie, persepsies rakende werkslading, asook tevredenheid met akademiese prestasie. Met betrekking tot etnisiteit en jaar van studie was daar geen betekenisvolle verskille in veerkragtigheid of uitbranding nie.en
dc.description.availabilityUnrestricteden
dc.description.degreeMCom
dc.description.departmentHuman Resource Managementen
dc.identifier.citationVan der Ross, MR 2015, Die verband tussen uitbranding en veerkragtigheid onder eerste en tweedejaar BCom studente aan die Universiteit van Pretoria, MCom Mini Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/53008>en
dc.identifier.otherA2016en
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/53008
dc.language.isoafen
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en
dc.subjectUCTDen
dc.titleDie verband tussen uitbranding en veerkragtigheid onder eerste en tweedejaar BCom studente aan die Universiteit van Pretoriaen
dc.typeMini Dissertationen

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanderRoss_Verband_2015.pdf
Size:
2.82 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Mini Dissertation