Die problematiek van klavierbladlees, spesifiek die konseptualisering van die tweedimensionaliteit van musieknotasie (Afrikaans)

dc.contributor.advisorGrove, S.en
dc.contributor.advisorVan Staden, J.C.en
dc.contributor.emailupetd@up.ac.zaen
dc.contributor.postgraduateFourie, Ellaen
dc.date.accessioned2013-09-07T14:54:18Z
dc.date.available2012-10-30en
dc.date.available2013-09-07T14:54:18Z
dc.date.created1991-04-08en
dc.date.issued2012-10-30en
dc.date.submitted2012-10-29en
dc.descriptionThesis (PhD)--University of Pretoria, 2012.en
dc.description.abstractAbstract only in Afrikaans. Talle oorsake van die swak bladleesstandaard kan teruggevoer word tot probleme met die waarneming van die kompleksiteite van die tweedimensionele notebeeld. 'n Oorsig van die belangrikste navorsing wat oor hierdie twee dimensies - toonhoogte en toonduur - gedoen is, word ten aanvang gegee. Die denkhandelinge van die kognitiewe-, psigomotoriese- en affektiewe leerdomeine word breedvoerig ondersoek, die verband hiervan met die bladleesproses aangetoon en ernstige probleme en leemtes betreffende bladleesopleiding blootgelê. Wat kognitiewe denkhandelinge betref word onder andere gewys op die feit dat die eienskappe van ken en kennisverwerwing op die vroegste stadium van musikale ontwikkeling grootliks verontagsaam word. Eweneens kom probleme in die ontwikkeling van psigomotoriese denkhandelinge voor omdat die gebeuresekwense vir optimale motoriese ontwikkeling aan die meeste onderwysers en leerlinge onbekend is. Dit blyk ook dat affektiewe gedrag by bladlees meesal 'n negatiewe konnotasie het. Daar is by leerlinge onsekerheid en vrees vir bladlees met 'n gevolglike faal-angs wat die bladleespoging kan laat misluk. Vervolgens word aandag geskenk aan die funksies van die onderskeie geheuestore van die brein, die proses van blokvorrning en die verskynsel van hemisferisiteit. Die invloed van interferensie op die leesproses en op oog-hand-span tydens bladlees asook die konteks-sensitiwiteit van die korttermyngeheue en die implikasies daarvan, word uitgewys. Die waarde van blokvorming, waardeur musieksimbole as eenhede waargeneem word en daar nie op enkelnote gekonsentreer word nie, word beklemtoon. Die moontlikheid dat individue as leergestrem beskou kan word as gevolg van hemisferiese spesialisasie of laterale dominansie en die moon tlike effek daarvan in die bladleessituasie, word in 'n ernstige lig beskou. Indringende navorsing oor sowel die positiewe as negatiewe aspekte van hemisferiese spesialisasie, word bepleit. 'n Deeglike ontleding word gedoen van die foute wat in 32 bladleestoetse gemaak is. Foutering met die mees algemene komponente van toonhoogte en toonduur in isolasie sowel as in musicale konteks, word gerneet. Die ooreensternrning van fouteringswyses in verskillende moeilikheids-grade en toetse en die omvang en herhalende aard van foute, dui op grondliggende probleme in die mondering van bladlesers. Die verband van hierdie foute en probleme met die denkhandelinge van die leerdomeine en met breinfunksies asook moontlike oorsake vir die foute en probleme, word bespreek en toegelig. Ten slotte word die dringende behoefte aan vernuwing in bladleesopleiding op sowel andragogiese as pedagogiese vlak uitgespreek en verskeie vernuwingsmomente en metodes ter vernuwing, uitgespel.en
dc.description.availabilityunrestricteden
dc.description.departmentMusicen
dc.identifier.citationFourie, E 1990, Die problematiek van klavierbladlees, spesifiek die konseptualisering van die tweedimensionaliteit van musieknotasie, PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/29118 >en
dc.identifier.otherD12/9/190/agen
dc.identifier.upetdurlhttp://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-10292012-150759/en
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/29118
dc.language.isoen
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 1990 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en
dc.subjectAffektiewe leerdomeineen
dc.subjectPsigomotoriese leerdomeineen
dc.subjectKognitiewe leerdomeineen
dc.subjectMusiek-notasieen
dc.subjectBladleesen
dc.subjectUCTDen_US
dc.titleDie problematiek van klavierbladlees, spesifiek die konseptualisering van die tweedimensionaliteit van musieknotasie (Afrikaans)en
dc.typeThesisen

Files

Original bundle

Now showing 1 - 5 of 9
Loading...
Thumbnail Image
Name:
00front.pdf
Size:
1.09 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Loading...
Thumbnail Image
Name:
01part-I.pdf
Size:
5.09 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Loading...
Thumbnail Image
Name:
02part-II.pdf
Size:
3.57 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Loading...
Thumbnail Image
Name:
03part-III.pdf
Size:
2.95 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Loading...
Thumbnail Image
Name:
04part-IV-b.pdf
Size:
5.51 MB
Format:
Adobe Portable Document Format