Die Plooikompleks van die Sisteem Transvaal Noord van Marble Hall en die meegaande metamorfe en intrusiegesteentes

dc.contributor.advisorWillemse, J.
dc.contributor.postgraduateDe Waal, Sybrand Abraham
dc.date.accessioned2022-05-17T11:22:07Z
dc.date.available2022-05-17T11:22:07Z
dc.date.created2021/10/28
dc.date.issued1963
dc.descriptionDissertation (MSc)--University of Pretoria, 1963.
dc.description.abstractDie geologiese ondersoek na die oorsprong, samestelling en verwantskap van die sogenaamde soda-siëniet van Wagner (1926(a)), reg noord van Marble Hall, het gelei tot die insameling van interessante gegewens aangaande die metamorfose en die struktuur van die Sisteem Transvaal aan die noordpunt van die Marble Hall-fragment. Die Sisteem Transvaal word in die deel van die fragment verteenwoordig deur gedeeltes van die Serie Dolomiet en die Serie Pretoria. Die Serie Dolomiet begin met dolomiet en chert (Eta, ge Hoofdolomiet), gevolg deur gestreepte ystersteen (Etage Gestreepte Ystersteen) en daarna okalie en konglomeraat (Etage Bo-dolomiet). Laasgenoemde konglomeraat is vroeer beskou as die Bevetkonglomeraat. Die Serie Pretoria word afwisselend opgebou uit skalie en kwartsiet en twee periodes van vulkanisme nl. die van die Ongeluklmva en van die Machadodorptuf en -agglomeraat, is verteenwoordig. Die Sisteem Transvaal is blykbaar deur druk van twee rigtings beinvloed wat na mekaar maar in dieselfde tydperk opgetree het. Die eerste vervorming het lineere plooiing in ’n rigting naastenby noordwes-suidoos tot gevolg gehad terwyl die tweede gekenmerk word deur buiging van hierdie lineêre plooi-asse om TI noord-oosduikende antiklinale as. Al hierdie vervorming word gekoppel aan die intrusie van die mafiese gesteentes van die Bosveldstollingskompleks. Die "soda-sieniet" het geblyk dioriet te wees, verwant aan die Bo- of Hoofsone van die Bosveldstollingskompleks. Die dioriet gaan oor in albietdioriet a.g.v. differensiasie en kontaminasie met sedimente. Die albietdioriet is verantwoordelik vir adinoolvorming in skalie en skapolitisasie van dolomiet. Die vorm van intrusie van qie diorietkompleks is onreenmatig. Die Bosvelfrgraniet omring die grootste gedeelte van die gekarteerde deel van die fragment met ·n onreelmatige intrusiewe kontak. Soos afgelei is die graniet verantwoordelik vir grootskaalse kontakmetamorfose in die sedimente. Op grond van tipiese mineraal-assosiasies word die volgende kontakmetamorfe fasies herken nl. die Albietepidoothoringfelsfasies (minerale soos albiet, chloriet en biotiet), die Horingblendehoringfelsfasies (minerale soos horineblende, kordieriet, andalusiet en muskoviet) en die Pirokseenhoringfelsfasies (sillimaniet en ortopirokseen).
dc.description.availabilityUnrestricted
dc.description.degreeMSc
dc.description.departmentPhysics
dc.identifier.citation*
dc.identifier.urihttps://repository.up.ac.za/handle/2263/85512
dc.language.isoaf
dc.publisherUniversity of Pretoria
dc.rights© 2020 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subjectUCTD
dc.subjectPlooikompleks
dc.subjectTransvaal Noord
dc.subjectMarble Hall
dc.subjectmetamorfe
dc.subjectintrusiegesteentes
dc.titleDie Plooikompleks van die Sisteem Transvaal Noord van Marble Hall en die meegaande metamorfe en intrusiegesteentes
dc.typeDissertation

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
DeWaal_Plooikompleks_1963.pdf
Size:
15.76 MB
Format:
Adobe Portable Document Format