William Kentridge : "Drawings for Projection" - 'n chronologiese oorsig

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Die illusie van beweging, oftewel animasie, het die mens oor eeue heen gefassineer. In hoofstuk 1 het ek die chronologie van film-en animasietegnieke, asook die werking en soorte animasie aan die hand van voorbeelde bespreek. Kentridge het die bestaande animasieproses geneem en tot sy eie verwerk om by sy individuele behoeftes aan te pas. Hy het sy losstaande houtskool-en-pasteltekeninge kameramatig, opeenvolgend aanmekaargelas. Dele is uitgevee en bygewerk en weer verfilm om sodoende 'n illusie van beweging daar te stel. Hierby het Kentridge byklanke en musiek gevoeg om die visuele te ondersteun. Hierdie tekeninge, wat hy tot film verwerk het, noem Kentridge "Drawings for Projection". In die daaropvolgende ses hoofstukke (hoofstukke 3 tot 8) is die eerste ses films uit hierdie reeks chronologies, elk in 'n aparte hoofstuk, aan die hand van voorbeelde en onderliggende temas, bespreek.

Description

Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1999.

Keywords

UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Opperman, JA 1999, William Kentridge : "Drawings for Projection" - 'n chronologiese oorsig, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/59312>