Liability of a body corporate as applicant creditor to contribute towards the cost of sequestration. First Rand Bank Ltd v Master of the High Court (Pretoria) (53071/2016) [2018] ZAGPPHC 806 (18 April 2018)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Roestoff, Melanie
Joubert, Tronel

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die uitleg van die bepalings van die Insolvensiewet 24 van 1936 wat handel oor die kontribusiepligtigheid van skuldeisers bly 'n netelige kwessie. In die onlangse saak van First Rand Bank Ltd v Master of the High Court (Pretoria)h et dit weer onder die loep gekom. Die hof moes twee aspekte oorweeg: eerstens of 'n regspersoon in sy hoedanigheid as applikant-skuldeiser om die boedel van die eienaar van 'n deeltiteleenheid te sekwestreer, kontribusiepligtig is vir sekwestrasiekoste; tweedens, indien die regspersoon kontribusiepligtig is, of dit alleen aanspreeklik is vir die sekwestrasiekoste of pro rata saam met die ander skuldeisers wat eise teen die boedel bewys het. Die ander skuldeisers in hierdie saak was verbandhouers (versekerde skuldeisers) wat op hulle sekuriteit gesteun het. 'n Verdere vraag was of hulle kontribusiepligtig son wees indien daar 'n tekort in die vrye oorskot was om sekwestrasiekoste te deig. 'n Soortgelyke situasie is bespreek in Snyman v The Master 2003 1 SA 239 (T). Die regter in First Rand het egter glad nie na Snyman verwys of met hierdie vraag gehandel nie. Die regter moes artikels 14(3), 89 en 106 van die Insolvensiewet asook artikel 15B(3)(a)(i)(aa) van die Wet op Deeltitels 95 van 1986 uitle. Dit word verwelkom dat die regter artikel 14(3) korrek uitgele en beslis het dat die regspersoon wel kontribusiepligtig is indien daar 'n tekort is in die vrye oorskot, selfs al word daar nie van die regspersoon verwag om in sulke gevalle 'n eis te bewys nie. Dit is egter teleurstellend dat die onduidelikheid wat bestaan oor versekerde skuldeisers wat op hulle sekuriteit steun se kontribusiepligtigheid nie opgeklaar is nie.

Description

Keywords

Applicant creditor, Sequestration, Bank, Applikant-skuldeiser, Sekwestrasiekoste, Bank

Sustainable Development Goals

Citation

Roestoff, M. & Joubert, T. 2019, 'Liability of a body corporate as applicant creditor to contribute towards the cost of sequestration. First Rand Bank Ltd v Master of the High Court (Pretoria) (53071/2016) [2018] ZAGPPHC 806 (18 April 2018)', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 82, pp. 641-651.