Lewe en werk van Walter Battiss met besondere verwysing na sy grafiese kuns

dc.contributor.advisorNilant, F.G.E. (Felix Gottlieb Ernst)
dc.contributor.postgraduateSchoonraad, Murray George
dc.date.accessioned2013-12-10T08:41:00Z
dc.date.available2013-12-10T08:41:00Z
dc.date.created1974-01-05
dc.date.issued1974
dc.descriptionDissertation (MA)--University of Pretoria, 1974.en_US
dc.description.abstractWalter Whall Battiss is in 1906 in Somerset-Oos gebore en het in die Oranje Vrystaat groot geword waar hy in sy kinderjare met prehistoriese rotsgravures kennis gemaak het. Hieruit het sy groot bewondering vir die rotskuns gespruit, wat in later jare so 'n groot invloed op sy kuns sou hê. Battiss se kunsloopbaan het in erns op Rustenburg, Transvaal, waar hy in die landdroskantoor werksaam was, 'n aanvang geneem. Hier het hy bevriend geraak met Erich Mayer en ook sy eerste kunsuitstalling gehou van 26 tot 27 Augustus 1927. Battiss het weinig formele kunsopleiding ontvang en wel slegs in Suid-Afrika aan die Johannesburgse Kunsskool vir kort periodes gedurende 1929 tot 1933. Van 1930 tot 1933 was hy voltydse student aan die Johannesburg Teachers' Training College en het daarna vir die volgende dertig jaar onderwys gegee, eers aan die Park School Turffontein en toe aan die Pretoria Boys' High School. In 1938 het hy saam met enkele ander kunstenaars die Nuwe Groep gestig. Daarna het hy deurgaans 'n leidende rol in die kunsverenigingslewe in Suid-Afrika gespeel. In 1938 het hy ook sy eerste reis na Europa onderneem waar hy met die werke van Van Gogh en die destydse modernes soos Picasso, Matisse en Modigliani in aanraking kom. Deur die jare sou Battiss talle reise na Europa en verskillende dele van Afrika onderneem en telkens die indrukke wat hy so verkry het in sy kuns verwerk. Vanaf 1953-1958 was hy hoof van die Provinsiale Kunssentrum in Pretoria en in 1959 het hy vir ses maande as professor in Skone Kuns aan die Universiteit van Rhodes, Grahamstad, diens gedoen. Vanaf 1959 tot 1964 het hy onderwys gegee en in 1965 is hy as professor in Beeldende Kunste aan die Universiteit van Suid-Afrika aangestel. Sedert sy aftrede in 1971 is hy in Pretoria woonagtig. Battiss het verskeie toekennings ontvang: 'n diploma en brons medalje op die 14e Internasionale Olimpiese uitstalling (1948); Erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (1964) en 'n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Suid-Afrika (1973). Battiss is die outeur van twaalf boeke en het reeds 241 uitstallings gehou, waarvan 64 eenmanuitstallings was. Deur middel van sy gebruik van kleur en die invloed van die inheemse kuns in sy werk, het hy Suid-Afrika bewus gemaak daarvan dat 'n Europese benadering nie summier op die Suid-Afrikaanse toneel oorgedra kan word nie. In sy grafiese kuns het Battiss feitlik alle moontlike tegnieke beoefen en veral in die houtsneë, houtgraverings, linosneë, syskermdrukke en litografie puik werk gelewer. Hy was waarskynlik die eerste om die syskermdruk as suiwer kunsvorm in Suid-Afrika te gebruik; hy is een van die weinige Suid-Afrikaanse kunstenaars om houtgraverings te doen en om Suid-Afrikaanse houtsoorte vir sy grafiese tegnieke te gebruik. Dit is nie moontlik om die kuns van Walter Battiss in tydperke of periodes in te deel nie. In die oorheersende styl wat hy in sy grafiese werk gebruik, skakel hy die derde dimensie uit en die meeste werke skep die indruk van plat vlakke. Walter Battiss het in sy grafiese werk die grootste bevestiging van sy aanvaarding as doyen van die Suid-Afrikaanse kunstenaars gelewer.en_US
dc.description.availabilityunrestricteden_US
dc.description.departmentVisual Artsen_US
dc.description.librariangm2013en_US
dc.identifier.citationSchoonraad, M.G. 1974, Lewe en werk van Walter Battiss met besondere verwysing na sy grafiese kuns, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32776>en_US
dc.identifier.otherE13/9/1103/gmen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/32776
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 1974 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_US
dc.subjectWalter Battissen_US
dc.subjectGrafiese kunsen_US
dc.subjectOranje Vrystaaten_US
dc.subjectprehistoriese rotsgravuresen_US
dc.subjectKunstenaarsen_US
dc.subjectUCTDen_US
dc.titleLewe en werk van Walter Battiss met besondere verwysing na sy grafiese kunsen_US
dc.typeDissertationen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Schoonraad_Lewe_1974.pdf
Size:
31.54 MB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: