Mooi drome van burgerlike teologie verander toe in kerklike nagmerries

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Van Wyk, G.M.J. (Gafie)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

OpenJournals Publishing

Abstract

With the 69th General Assembly of 2010 the Netherdutch Reformed Church reached a fork in the road. The Church is still hesitating, unsure which road it should take at the fork. But she can not hesitate much longer. History will not wait infinitely for those who find it difficult to make choices on political and ecclesiastical matters. This article reflects on the recent history of the Church that brought her to this fork in the road, the different choices that are on the table for the Church at this stage and how she will shape her own future by the choices she will have to make in the near future. Rather than presenting a systematic argument on the matter at hand, the article reflects from different perspectives on the problems the Church is facing. Politics, ecclesiastical renewal, the role of tradition and heritage in ecclesiastic reflection, Church unity and the role of confessions of faith as a binding factor in the ecclesiastical community are used as points of reference to reflect on the current crisis in the Church. Church leaders are called upon to break with a tradition of civil obedience serving the interests of the politicians in power. The Church should rather bravely fulfil her calling to practise prophetic criticism in society so that she can help to promote justice for all in the most efficient way possible.
Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika het by ’n vurk in die pad gekom. Terugdraai, sodat die vurk vermy kan word, is nie eers ’n moontlikheid nie. Al is baie van ons lief vir ons tradisie en ons erfenis, kan ’n mens nie in die verlede leef nie. ’n Mens kan nie op ’n ander plek en tyd leef as hier en nou nie. Al wat vir die Kerk oorbly, is om die raad van Yogi Berra te volg: ‘When you come to a fork in the road, take it.’ Wat gaan die Kerk se keuse wees by die vurk in die pad? Watter pad gaan geneem word? Die regterkantste pad word deur sommiges onder ons as die hoofroete, die spreekwoordelike breë weg, voorgehou. Dit is, volgens padwysers wat nou met ywer deur ’n groepering in die Kerk by die vurk aangebring word, ’n blote verlenging van die pad voordat dit gevurk het. Dit is die pad van die volkskerk wat die nasionale strewes van die Afrikaner dien binne die raamwerk van ’n Christelike kultuur wat bepaal word deur fundamentalistiese teologie en oudwêreldse moraliteit. Wie hierdie weg kies, maak graag daarop aanspraak dat hulle projek die legitieme voortsetting van die ware Hervormde Kerk is. Die probleem met hierdie pad is dat dit jou na ’n kort afstand oor ’n afgrond van ideologiese mislukking laat afstort. Die linkerkantste grondpad is ongekaart, maar jy kan dit aanpak met die evangelie as rigtingwyser. Hierdie pad lei jou in die dikwels brutale landskap van Suid-Afrika in. Ons weet nie waar die pad gaan uitkom nie, maar dit is van minder belang. Dit is wel van groot belang dat die reis op die pad onderneem word, want op hierdie reis moet die evangelie verkondig word. Hierdie pad lyk ook verbasend baie na die pad voor die vurk, die kronkelroete wat deur die aangrypend mooi, maar ruwe landskap van Afrika loop. Hierdie artikel reflekteer oor hoe ons Kerk by die vurk in die pad gekom het, wat die keuses wat ons as Kerk nou moet maak mag inhou en hoe ons die toekoms kan benader. Eerder as dat hier sistematies oor die sake op die tafel nagedink word, word vanuit verskillende invalshoeke oor dieselfde situasie gereflekteer. Die artikel wil nie net rekenskap gee oor die (onlangse) verlede nie − dit wil ook besin oor die toekoms van ons Kerk.

Description

Keywords

Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, Burgerlike teologie, Kerklike nagmerries

Sustainable Development Goals

Citation

Van Wyk, GMJ 2012, ‘Die mooi drome van burgerlike teologie verander toe in kerklike nagmerries‘ HTS Teologiese Studies/Theological Studies 68(1), Art. #1338, 12 pages. http://dx.DOI.org/ 10.4102/hts.v68i1.1338