Die ontwerp en evaluering van 'n studie-orientasievraelys in wiskunde

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Die druipsyfer in wiskunde op skool in Suid-Afrika, maar ook internasionaal, is hoog. Boonop onderpresteer leerders met 'n oenskynlik hoe algemene verstandelike vermoe of aanleg vir wiskunde soms in die vak, terwyl enkele leerders met 'n oenskynlik lae algemene verstandelike vermoe of aanleg vir wiskunde goed presteer in die vak. Nogtans word daar relatief min aandag gegee aan leerders se studie-orientasie in wiskunde, hoewel navorsing aandui dat prestasie in skoolwiskunde een van die beste voorspellers van tersiere sukses is. 'n Ondersoek na die vernaamste leerteoretiese benaderings tot die leerproses in wiskunde bevestig dat aspekte van leerders se studie-orientasie in wiskunde (insluitende studiehoudings, wiskunde-angs, studiegewoontes, asook studiemilieu) hul probleemoplossingsvermoe en hul uiteindelike prestasie in die vak waarskynlik betekenisvol be·invloed. Die primere doelwit met hierdie proefskrif was om 'n studie-orientasievraelys in wiskunde (SOW) te ontwerp en te evalueer. Die dataverwerkingsprosedures het veral betrekking gehad op twee primere doelwitte met die studie, te wete: (a) Standaardisering van die vraelys. Etlike stappe is gevolg om die vraelys psigometries te evalueer, insluitende faktor- en itemontleding. In die geval van Graad 8 en 9, kon drie velde (te wete Studiegewoontes in wiskunde, Wiskunde-angs, asook Studiehoudings jeens wiskunde) ge·1dentifiseer word, terwyl 'n vierde veld, Lokus van Beheer met betrekking tot wiskunde, slegs by leerders in Graad 10 en 11 ge·1dentifiseer kon word. Door is bevind dot die SOW oor inhouds-, asook konstrukgeldigheid beskik vir die drie moedertaalgroepe gesamentlik. Verder kan die betroubaarheids-koeffisiente vir die SOW in die meeste gevalle as bevredigend beskou word en beskik die vraelys klaarblyklik ook oor kriteriumverwante geldigheid. (b) Vergelykende studies om die toepaslikheid van die SOW te bepaal. Variansie-analisetegnieke is gebruik om vas te stel waar betekenisvolle verskille tussen groepe (insluitend graad-, moedertaal- en geslagsgroepe) le. Waar MANOVAS betekenisvolle verskille uitgewys het, is ondersoek ingestel om te bepaal ten opsigte van watter individuele velde (enkelveranderlikes) groepe betekenisvol verskil. Met behulp van LSM is bepaal watter groepe betekenisvol verskil ten opsigte van die afsonderlike velde.

Description

Thesis (PhD)--University of Pretoria, 1987.

Keywords

UCTD, Maths

Sustainable Development Goals

Citation

*