The widow's portion

dc.contributor.authorKlopper, H.B.
dc.date.accessioned2008-05-26T07:05:20Z
dc.date.available2008-05-26T07:05:20Z
dc.date.issued2007-08
dc.description.abstractWanneer skadevergoeding vir die verlies van onderhoud weens die onregmatige en skuldige dood van ’n broodwinner beraam word, is daar verskeie faktore wat in ag geneem moet word, onder andere daardie gedeelte van die inkomste wat die oorledene aan die onderhoud van sy afhanklikes bestee het. Hierdie gedeeltes word deur ons howe in breukdele uitgedruk en het so gevestig geraak dat sulke toedelings amper as regsbeginsels beskou word. Dit laat die vraag ontstaan: watter rol speel die geykte toedelings van inkomste? Is dit reël of riglyn? Is die 50% toedeling altyd toepaslik in geval van ’n oorlewende weduwee of wewenaar sonder eie inkomste en enige afhanklike kinders? Hierdie vrae kan aan die hand van drie ondersoeke beantwoord word, naamlik deur eerstens die begrip “onderhoud” te ontleed, tweedens te bepaal of die toedelings reëls of riglyne is en laastens of die toedeling in geval van ’n oorlewende gade sonder eie inkomste en enige afhanklike kinders altyd 50% moet wees. ’n Ontleding van die regsbegrip “onderhoud” in die familie- en deliktereg toon aan dat alhoewel die deliktereg die familieregtelike onderhoudsbegrip as ’n beginsel vir ’n eis vir verlies aan onderhoud gebruik, die delikteregbegrip veel wyer is en alle nadeel insluit wat ’n afhanklike as gevolg van die dood van sy broodwinner ly. Dit is nie net tot basiese lewensbehoeftes beperk nie. Uit ’n ontleding van die regspraak oor toedeling word dit duidelik dat die breukdele wat gebruik word, bloot ’n metode is wat die howe gebruik om ’n ingewikkelde probleem op te los. Dit het skynbaar sy oorsprong in aktuariële aannames wat die howe gebruik om redelike en billike beramings van verlies aan onderhoud aan individuele afhanklikes te maak. ’n Oorsig van die Engelse, Kanadese en Australiese reg toon dat die proporsionele gedeeltes in hierdie jurisdiksies hoër is as in Suid-Afrika. In geval van ’n oorlewende gade met geen eie inkomste en kinders of onafhanklike kinders nie word 66.6% aan die oorlewende gade toegeken. Uiteindelik is die breukdele nie onveranderlikes nie, maar toedelings wat in die uitoefening van die wye diskresie van die howe by die beraming van skadevergoeding gedoen word om ’n redelike en billike resultaat op die feite en in die omstandighede van ’n bepaalde saak te bereik. Daar is niks wat ’n hof verhoed om in geval van ’n oorlewende gade sonder eie inkomste en kinders of afhanklike kinders ’n hoër toekenning as 50% te maak nie. By die oorweging van die toedeling is dit op die spoor van oorsese voorbeeld verkieslik dat daardie deel wat die oorledene uitsluitlik op homself uitgegee het eers bepaal word. Dit kan ook die probleme ten aansien van onveranderlike gemeenskaplike huishoudelike uitgawes uitskakel. Wanneer hierdie gedeelte bepaal word, kan oorsese riglyne aangewend word. Die gedeelte wat oorbly, is waarskynlik (onderworpe aan die feite van elke geval) daardie gedeelte wat die oorledene aan sy afhanklikes bestee het. Die eiser het ’n plig om voldoende feite voor die hof te lê ten einde die hof in staat te stel om in die lig daarvan ’n toekenning te maak wat hy onder die omstandighede as redelik en billik beskou. ’n Eiser loop die gevaar van die toepassing van die geykte breukdeelverdeling as hy nie aan hierdie plig voldoen nie omdat die bestaande breukdeelverdelings die enigste wyse is waarop ’n hof in die afwesigheid van die nodige feite ’n beraming kan doen. Eisers en in die besonder weduwees (ook wewenaars) sonder eie inkomste en kinders of met onafhanklike kinders moet sodanige feite voorlê om die hof in staat te stel om ’n korrekte beraming van hulle skade te kan maak anders sal hulle hul regmatige deel verloor.af
dc.format.extent206904 bytes
dc.format.mimetypeapplication/pdf
dc.identifier.citationKlopper, HB 2007, 'The widow's portion', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/ Tydskrif Vir Hedendaagse Romein-Hollandse Reg, vol. 70, no. 3, pp. 440-458. [www.lexisnexis.co.za]en
dc.identifier.issn1682-4490
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/5496
dc.language.isoenen
dc.publisherLexisNexisen
dc.rightsLexisNexisen
dc.subjectSkadevergoedingaf
dc.subjectOnderhoudaf
dc.subject.lcshLost earnings damages -- law and legislationen
dc.titleThe widow's portionen
dc.title.alternativeWeduwee se deelaf
dc.typeArticleen

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Klopper_Widow(2007).pdf
Size:
202.05 KB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
2.4 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: