’n Kognitief-semiotiese verkenning van multimodale metafore in Filmverse I en II

dc.contributor.advisorBosman, Nerina
dc.contributor.emaillinette.vandermerwe@up.ac.zaen_ZA
dc.contributor.postgraduateVan der Merwe, Llina Jonetta
dc.date.accessioned2022-02-10T11:56:21Z
dc.date.available2022-02-10T11:56:21Z
dc.date.created2022
dc.date.issued2022-02-09
dc.descriptionThesis (PhD)--University of Pretoria, 2022.en_ZA
dc.description.abstractʼn Kognitief-semiotiese verkenning van multimodale metafore in Filmverse I en II Visuele kunstenaars, uitvoerende kunstenaars en literêre kunstenaars inspireer mekaar oor die eeue heen. Hierdie oeroue verbintenis vanweë wedersydse inspirasie kan beskou word as ’n tipe vertaling, transponering en ondersoek na dieper betekenis. Die geanimeerde poësiefilm as ’n vorm van ’n vertaling van die woordteks na ’n beeldteks, kan benader word as ’n hibriede, transdissiplinêre en multimodale kunsvorm wat die poësie en film met mekaar verbind. Die draai van die millennium het ’n toename in die belangstelling in die ondersoek van multimodale kommunikasie met betrekking tot die onderskeie semiotiese modusse teweeggebring. Forceville (2015) is van mening dat animasiefilms ideaal is vir die ondersoek van beeldskemas wat op multimodale metafore betrekking het. Geanimeerde poësiefilms bied ʼn vrugbare ontdekkingsveld onder andere vir die verkenning van multimodale metafore juis omdat ʼn ryk verskeidenheid van betekenisskeppende modusse betrek word. Nie net word verskeie bron- en doeldomeine in verbale taal betrek nie, maar ook diesulke domeine betreffende nieverbale kommunikasie, klanke en musiek vorm onweerlegbaar ʼn komplekse netwerk waardeur betekenis geskep word. Die keuse van die poësiefilm as toepassingsdomein stel in die vooruitsig dat kennis ontwikkel word met betrekking tot multimodale metafore en poog om op grond van ʼn ontleding van multimodale metafore in geselekteerde animasies in Filmverse I (2014) en Filmverse II (2016) ’n model voor te stel vir sodanige ontleding.en_ZA
dc.description.availabilityUnrestricteden_ZA
dc.description.degreePhDen_ZA
dc.description.departmentAfrikaansen_ZA
dc.identifier.citation*en_ZA
dc.identifier.otherA2022en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/83782
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherUniversity of Pretoria
dc.rights© 2022 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subjectUCTDen_ZA
dc.subjectAfrikaansen_ZA
dc.title’n Kognitief-semiotiese verkenning van multimodale metafore in Filmverse I en IIen_ZA
dc.typeThesisen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanderMerwe_Kognitief_2021.pdf
Size:
14.2 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: