Transfer of businesses as going concerns : the over-protection of employees under insolvent circumstances
Loading...
Date
Authors
Van Eck, B.P.S. (Stefan)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press
Abstract
Die arbeidsreg beskerm werknemers wanneer besighede as lopende ondernemings
oorgedra word. Die nuwe werkgewer moet alle werknemers se
dienskontrakte oorneem en geen werknemer mag tydens die oordragsituasie
ontslaan word nie. Die gewysigde Insolvensiewet bevorder die konsep van
besigheidsredding (“business rescue”). Kurators en trustees van insolvente
ondernemings word aangemoedig om besighede as lopende ondernemings te
verkoop. Ingevolge arbeidsregbeginsels word kopers van insolvente besighede
egter verplig om alle dienskontrakte oor te neem. Hierdie alles-of-niks beginsel
hou egter die moontlikheid in dat kurators en trustees eerder die opskortingstydperk
van dienskontrakte sal laat uitloop, met gevolg dat alle dienskontrakte
deur regswerking ingevolge die Insolvensiewet beëindig sal word. Hierdie toedrag
van sake kan negatiewe gevolge inhou. Die onlangse Arbeidsappèlhofsaak,
SA Municipal Workers Union v Rand Airport Management Co (Pty) Ltd, bevestig
dat beide verkopers en kopers van lopende ondernemings uiters versigtig moet
wees om enige dienskontrakte voor of na sodanige oordrag weens operasionele
redes te beëindig. Daar word in hierdie bydrae geargumenteer dat hierdie
beskermingsmaatreëls uiteindelik tot werknemers se nadeel sal strek, aangesien
werkgewers eerder werknemers weens finansiële redes sal afdank as om die
moontlikheid te ondersoek om besighede in die geheel of gedeeltelik as lopende
ondernemings te verkoop.
Description
Keywords
Oorbeskerming, Werknemers, Insolvente omstandighede, Transfer of businesses, Over-protection, Employees, Insolvent circumstances, Oordrag van besighede
Sustainable Development Goals
Citation
Van Eck, BPS 2006, 'Transfer of businesses as going concerns : the over-protection of employees under insolvent circumstances', De Jure, vol. 39, no. 2, pp. 405-421.