Suid-Afrikaanse mediese reg in die era van CRISPR-CAS9 : regulerings-lacunae, aanspreeklikheid en toeganklikheid

dc.contributor.advisorCarstens, Pieter Albert, 1960-
dc.contributor.emailchrislie.thomas@gmail.comen_ZA
dc.contributor.postgraduateThomas, Chrislie
dc.date.accessioned2022-02-11T08:14:54Z
dc.date.available2022-02-11T08:14:54Z
dc.date.created2022-04
dc.date.issued2021
dc.descriptionDissertation (LLM (Public Law))--University of Pretoria, 2021.en_ZA
dc.description.abstractOor die afgelope 70 jaar het die wetenskap 'n lang pad gestap ten einde die boustene van die menslike lewe te probeer ontsyfer. Uiteindelik staan ons nou voor 'n opwindende keerpunt: die implimentering van tegnologieë soos CRISPR-Cas9 wat oorerflike genoomredigering 'n werklikheid binne ons bereik sal maak. Ofskoon vooruitgang in hierdie mediese tegnologie beloof om gesondheidsorg tot op ‘n nuwe vlak van ontwikkeling te neem, is dit nog geensins foutloos en sonder uitdagings nie. Trouens, hierdie vooruitgang stel nie net verskeie etiese, regs- en sosiale uitdagings daar nie, maar daar is ook geldige kommer oor die sloering van die reg en regsetiek ten aansien hiervan. Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika, as ontwikkelende land veral kwesbaar vir laasgenoemde is, staar die land veral drie voorsienbare kwelpunte in die gesig, naamlik: ‘n grotendeels onderontwikkelde regulatoriese raamwerk vir die etiese regulering van hierdie mediese dienste; ‘n skerp toename in siviele eise wat verband hou met die redigering van menslike kiemlyne en ‘n groter gaping in toegang tot kwaliteit gesondheidsorg in konteks van geen-terapie vir diegene wat dit die nodigste het. Laasgenoemde drie uitdagings sal in hierdie verhandeling ontleed en bespreek word, en daar sal aangevoer word dat alhoewel die moderne wetenskap ons van talle nuwe oplossings voorsien, dit ook talle ongekende uitdagings inhou. Welke uitdagings op ‘n regsetiese wyse aangespreek behoort te word. Daarmee saam behoort dit nie uit die oog verloor te word nie dat die reg saam met die wetenskap moet groei en ontwikkel om stagnering te voorkom. Die unieke transendentale aard van die geneeskundige reg en die en impak daarvan op ander verwante vakgebiede, sal blakend in die argumente van hierdie verhandeling weerspieël word. Die interaksie tussen geneeskundige reg en ander dissiplines soos bio-etiek, internasionale reg, wetsuitleg, deliktereg, skadevergoedingsreg en regsfilosofie gaan deurgaans te voorskyn kom en die noodsaak vir ‘n interdissiplinêre benadering ten einde groei en vooruitgang in ‘n dinamiese en uitdagende veld te bewerkstellig, gaan soos ‘n goue draad deur hierdie verhandeling geweef word.en_ZA
dc.description.availabilityUnrestricteden_ZA
dc.description.degreeLLM (Public Law)en_ZA
dc.description.departmentPublic Lawen_ZA
dc.description.sponsorshipDie Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kunsen_ZA
dc.identifier.citation*en_ZA
dc.identifier.otherA2022en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/83802
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherUniversity of Pretoria
dc.rights© 2022 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subjectUCTDen_ZA
dc.subjectMediese Reg in Suid-Afrikaen_ZA
dc.titleSuid-Afrikaanse mediese reg in die era van CRISPR-CAS9 : regulerings-lacunae, aanspreeklikheid en toeganklikheiden_ZA
dc.typeDissertationen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Thomas_SuidAfriIkaanse_2021.pdf
Size:
1.35 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: