Hoogste hof van appèl smoor heilsame regsontwikkeling

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Scott, Johan (T. Johan)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Juta Law

Abstract

Daar bestaan waarskynlik nie vandag in Suid-Afrika ’n delikteregspesialis wat die bewering sou waag dat al die reëls en beginsels ten aansien van die middellike aanspreeklikheid van ’n werkgewer vir die onregmatige dade van ’n werknemer glashelder is nie. Nieteenstaande sommige algemene stellings dat die algemene beginsels wat hierdie vorm van aanspreeklikheid in die deliktereg beheers, goed gevestig is (sien bv McQuoid-Mason “Vicarious and strict liability” XXX LAWSA re 180), geld hierdie ongenuanseerde standpunt waarskynlik slegs wat betref die eerste twee vereistes wat volgens ons reg vir middellike aanspreeklikheid gestel word, te wete dat daar eerstens ’n verhouding van werkgewer-werknemer ten tyde van delikpleging moet bestaan en tweedens, dat ’n delik deur die werknemer gepleeg moet wees (Loubser ea Deliktereg in Suid-Afrika (2010) 384 ev; Van der Walt en Midgley Principles of Delict (2005) 36 ev). Daar heers tans veral twyfel oor die wyse waarop die sogenaamde “standaardtoets” toegepas moet word ten einde te bepaal of daar aan die derde vereiste vir ’n werkgewer se middellike aanspreeklikheid voldoen word, te wete dat ’n werknemer tydens die pleeg van ’n delik in die loop van sy of haar diensverband gehandel het, in die besonder waar die betrokke werknemer ’n opsetsdelik gepleeg het.
The approach makes it clear that there are two questions to be asked. The first is whether the wrongful acts were done solely for the purpose of the employee. This question requires a subjective consideration of the employee’s state of mind and is a purely factual question. Even if it is answered in the affirmative, however, the employer may nevertheless be liable vicariously if the second question, an objective one, is answered affirmatively. The question is whether, even though the acts done have been done solely for the purpose of the employee, there is nevertheless a sufficiently close link between the employee’s acts for his own interests and the purposes and business of the employer. This question does not raise purely factual questions, but mixed questions of fact and law. The questions of law it raises relate to what is ‘sufficiently close’ to give rise to vicarious liability. It is in answering this question that a court should consider the need to give effect to the spirit, purport and objects of the Bill of Rights.

Description

Keywords

Hoogste hof van appèl, Regsontwikkeling, Vicarious liability, Master and servant, Appellate courts -- South Africa, Practice of law -- South Africa

Sustainable Development Goals

Citation

Scott, J 2011, 'Die hoogste hof van appèl smoor heilsame regsontwikkeling', Journal of South African Law/Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 4, pp. 334- 341.