Terugkerende simbool in die poësie van Breyten Breytenbach

dc.contributor.advisorGrove, A.P.
dc.contributor.postgraduateFerreira, Jeanette
dc.date.accessioned2013-11-08T08:27:46Z
dc.date.available2013-11-08T08:27:46Z
dc.date.created2013-11-06
dc.date.issued1982
dc.descriptionDissertation (MA)--University of Pretoria, 1982.
dc.description.abstractDie literêre simbool word onderskei van die konvensionele simbool soos dit in A dictionary of Symbols van J.E. Cirlot verskyn. Die literêre simbool kan in die literêre kunswerk dieselfde, of 'n ander betekenis as die konvensionele simbool hê. Die literêre kunswerk self is die kontrole vir die literêre simbool. Die literêre kunswerk moet genoeg konstituerende elemente bevat om die literêre simbool "simbool" te maak. 'n Woord wat as literêre simbool funksioneer, kan in ander verse, selfs in dieselfde vers, weer voorkom sonder dat dit simbolies funksioneer. Die studie wys op die gevare van waninterpretasie indien simboliek van buite die kunswerk op die kunswerk afgedwing word. "Vel", "glas", "groen", "swart", "wit", en "water" word as simbole in Die ysterkoei moet sweet bespreek. Tabulering by hoofstukke 4, 5 en 6 dui aan in watter verse en versreëls die simbole voorkom, asook waar dieselfde woorde voorkom, maar nie as simbole funksioneer nie. Die simbole wat behandel word, is terugkerende simbole; dit keer telkens terug en roep telkens dieselfde assosiasie op, naamlik die van wysiging van konvensionele grense. Terselfdertyd skep dit 'n wêreld van versoenende eenheid, 'n wêreld waarin die paradoks van lewe en dood, binne en buite, heel en verbrokkeld, een word. In hoofstuk 7 wys die studie ook op die waarde van "buite-literêre" gegewe, naamlik die invloed van die Zen-Boeddhisme en die Surrealisme in Breytenbach se poësie. Hierdie invloede bevestig wat reeds deur analise uit die vers duidelik geword het: dit is nie irrelevant ten opsigte van die poësie nie, maar dit alleen kan nie die vers bevredigend genoeg verklaar nie. Die slotsom is dat die eenheid van 'n totale wêreld, deur o.a. die gebruik van terugkerende simbole, in Breytenbach se poësie herkenbaar word wanneer, met die vers as enigste gegewe, die verse aan analise onderwerp word.en_US
dc.description.availabilityUnrestricted
dc.description.degreeMA
dc.description.departmentAfrikaans
dc.description.librariangm2013en_US
dc.identifier.citationFerreira, J 1982, Terugkerende simbool in die poësie van Breyten Breytenbach, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32320> en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/32320
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 1982 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoriaen_US
dc.subjectTerugkerende simboolen_US
dc.subjectPoësieen_US
dc.subjectBreyten Breytenbachen_US
dc.subjectUCTDen_US
dc.titleTerugkerende simbool in die poësie van Breyten Breytenbachen_US
dc.typeDissertationen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Ferreira_Terugkerende_1982.pdf
Size:
10.89 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: