Die stiefma, ou mites en nuwe verhale : 'n pastorale narratiewe dekonstruksie
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
In hierdie studie word stiefma’s en die mites wat daar oor stiefma’s bestaan, ondersoek.
Dit word gedoen in die postfundamentele praktiese teologie en volgens die narratiewe
benadering. Die studie word ook gedoen in die sosiaal-konstruksionistiese paradigma.
Vier stiefma’s se unieke verhale oor stiefma-wees word weergegee. Nadat die stories
geinterpreteer is, is diskoerse vasgestel wat ‘n invloed het op die mites wat daar oor
stiefma’s bestaan. Daar word onder andere gekyk na sprokies en die oorsprong
daarvan. Daar word ook gekyk na families deur die eeue, asook na moederskap. Die
Godstaal wat die stiefma’s gebruik het, word ook ondersoek. Daar is ‘n
interdissiplinêre ondersoek gedoen aan die hand van transversale rasionaliteit. Hierdie
verhale wys onder andere op die druk wat op stiefma’s geplaas word deur die kerk en
gemeenskap om onmiddelik in die rol van ‘n ma te funksioneer en die perfekte gesin te
hê. Konflik in die nuwe gesin gee ook aanleiding tot skuldgevoelens by die stiefma.
Met hierdie studie word daar gepoog dat daar beter begrip vir stiefma’s se unieke
omstandighede en rolle sal wees. Dus ontstaan nuwe verhale, wat weer moontlikhede
vir nuwe navorsing skep.
Description
Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014.
Keywords
Postfundamentalisme, Praktiese Teologie, Postmodern, Narratief, Dekonstruksie, Stiefma, Stiefmoeder, Sprokie, Mite, Sosiale Konstruksionisme, Verhale, Transversale Rasionaliteit, UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Kruidenier, CM 2014, Die stiefma, ou mites en nuwe verhale : 'n pastorale narratiewe dekonstruksie, PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/43097>