Diagnostiese waarde van 'n Nederlandse woordeskattoets vir Afrikaanssprekende aanleerders

dc.contributor.authorBosman, Nerina
dc.date.accessioned2012-03-15T06:37:28Z
dc.date.available2012-03-15T06:37:28Z
dc.date.issued2011-12
dc.description.abstractBinne die konteks van die algemeen aanvaarde stelling dat die woordeskat van die twee naverwante tale Nederlands en Afrikaans vir meer as 90 persent ooreenstem, word daar in hierdie artikel gekyk na 'n Nederlandse woordeskattoets (die Dubbele pregnante contextniveautest van Beheydt) wat aan Afrikaanssprekende studente gegee is. Die konstrukte woordeskat en woordeskatkennis soos wat dit binne die dissipline van tweedetaalonderrig verstaan word, word eers onder die loep geneem, waarna daar na 'n aantal bekende woordeskattoetse gekyk word. In die artikel word daar gevra hoe Afrikaanssprekendes se (produktiewe) kennis van die Nederlandse woordeskat getoets kan word en watter gevolgtrekkings oor die aard van sulke sprekers se kennis van die Nederlandse leksikon gemaak kan word. Hipoteses wat getoets word, is: (i) Afrikaanssprekendes beskik wel oor goeie en voldoende reseptiewe (passiewe) kennis van die Nederlandse woordeskat, maar oor bitter min produktiewe kennis. (ii) Afrikaanssprekendes beskik oor sowel breedte- as dieptekennis van die Nederlandse woordeskat. Die resultate van die toets het beide hierdie hipoteses as ongeldig bewys. Die vraag waarop 'n antwoord gesoek is, is: Watter hiate kan aangetoon word in studente se kennis van die Nederlandse leksikogrammatika? Uit 'n ontleding van die leksikale items wat getoets is, kom problematiese aspekte van die Nederlandse leksikon (vir Afrikaanssprekendes) na vore. Studente se breedte- asook hulle dieptekennis skiet tekort. Aspekte rakende die Nederlandse spellingsisteem, asook bepaalde grammatiese verskille tussen Nederlands en Afrikaans was duidelike struikelblokke.af
dc.description.abstractWithin the context of the generally accepted statement that the lexicons of the two closely related languages Afrikaans and Dutch overlap for more than 90 percent, this article looks at a Dutch vocabulary test, the Dubbele pregnante contextniveautest of Beheydt (2007), which was given to Afrikaans-speaking students in order to test their productive knowledge of the Dutch lexicon. Bogaards's judgement that "there is not one single valid way to measure L2 vocabulary knowledge" (2000:490) is particularly true when the L2 in question is Dutch and the L2 students are mother-tongue speakers of Afrikaans. A problematic phrase in this particular context is "L2 vocabulary knowledge", since it is in no way clear what the nature of an Afrikaans speaker's knowledge of the Dutch lexicon is - a knowledge that exists only by virtue of his or her knowledge of Afrikaans. An important question, therefore, is: How can productive knowledge of the Dutch lexicon be tested with Afrikaans speakers?en
dc.description.librariannf2012en
dc.description.urihttp://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news&cat=201&cause_id=1270en_US
dc.identifier.citationBosman, N 2011, 'Diagnostiese waarde van 'n Nederlandse woordeskattoets vir Afrikaanssprekende aanleerders', Litnet Akademies, vol. 8, no. 3, pp. 138-167.af
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/18449
dc.language.isoAfrikaansaf
dc.publisherLitNeten_US
dc.rightsLitNetaf
dc.subjectWoordeskataf
dc.subjectLeksikonaf
dc.subjectTweedetaalonderrigaf
dc.subjectBreedtekennisaf
dc.subjectDieptekennisaf
dc.subjectAfrikaans-speaking studentsen
dc.subjectReseptiewe (passiewe) woordeskatkennisaf
dc.subjectProduktiewe (aktiewe) woordeskatkennisaf
dc.subjectActive (productive) knowledgeen
dc.subjectPassive (receptive) vocabulary knowledgeen
dc.subject.lcshVocabulary testsen
dc.subject.lcshDutch language -- Study and teaching -- Foreign speakersen
dc.subject.lcshSecond language acquisitionen
dc.titleDiagnostiese waarde van 'n Nederlandse woordeskattoets vir Afrikaanssprekende aanleerdersaf
dc.title.alternativeThe diagnostic uses of a Dutch vocabulary test for Afrikaans-speaking studentsen
dc.typeArticleaf

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Bosman_Diagnostiese(2011).pdf
Size:
247.39 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: