Please note that UPSpace will be offline from 20:00 on 9 May to 06:00 on 10 May (SAST) due to maintenance. We apologise for any inconvenience caused by this.
 

Botaniese kuns in Suider-Afrika : ontwikkeling, spesifieke tegnieke en styleienskappe

dc.contributor.advisorRoos, Nicholas Oswald
dc.contributor.postgraduatePienaar, Anne Maria
dc.date.accessioned2016-08-16T09:22:20Z
dc.date.available2016-08-16T09:22:20Z
dc.date.created1990
dc.date.issued1990
dc.descriptionDissertation (MA)--University of Pretoria, 1990.en_ZA
dc.description.abstractDie doel van hierdie studie was om sekere belangrike aspekte van botaniese kuns, veral die voorkoms van stylrigtings in hierdie gespesialiseerde kunsvorm, in Suider-Afrika te ondersoek. Hoewel botaniese kuns na wetenskaplik korrekte dokumentasie van 'n onderwerp streef, is die kunstenaar se persoonlike hantering van die onderwerp, medium en tegniek deurslaggewend vir die styl van die illustrasie. So kan daar vier stylrigtings geidentifiseer word, naamlik die gestileerde, skilderagtige/vrye, natuurgetroue en oordrewe realisme. Hierdie rigtings word aan die hand van gepaste voorbeelde deur Suid-Afrikaanse kunstenaars, verklaar en toegelig. Die gebruik van verskillende mediums, die voor- en nadele sowel as die invloed daarvan op die kunstenaar se styl, is ondersoek. Hoewel 'n verskeidenheid mediums deur die jare gebruik is, is waterverf en pen-en-ink die gewildste en mees bevredigende mediums vir hierdie delikate onderwerp. Die invloed van druktegnieke op die ontwikkeling en standaard van botaniese kuns is duidelik waarneembaar. Selfs in die betreklik kart geskiedenis van botaniese kuns in Suider-Afrika, het dit omvangryke vooruitgang teweeggebring sedert die verskyning van die eerste publikasies waarvan die illustrasies met die hand ingekleur is. Tegnologiese vordering stel voortdurend nuwe eise en uitdagings aan beide kunstenaars en drukkers en dra by tot 'n hoogs bevredigende eindproduk. Herbariummateriaal as verwysingsbron vir navorsing en plantbenaming is van onskatbare waarde vir wetenskaplike en kunstenaar. Fotografie lewer ook 'n belangrike bydrae to botaniese kuns en is nie 'n bedreiging vir die voortbestaan van die kunsvorm nie -- dit is eerder 'n aanvulling en hulpmiddel vir die suksesvolle voltooiing van 'n illustrasie. As agtergrond vir hierdie studie is 'n eerstejaarskursus in Plantkunde gevolg en die halfjaareksamen suksesvol afgehandel. Daar is 'n studie gemaak van die wye verskeidenheid oorspronklike botaniese illustrasies in die besit van die Nasionale Botaniese Instituut in Pretoria -- 'n versameling wat 'n oorsig oor die hele spektrum van botaniese kuns in Suider-Afrika bied. Verder is 'n groot verskeidenheid botaniese publikasies ondersoek en vraelyste aan kunstenaars het sekere aspekte van hul benadering en styl toegelig. 'n Uitstalling van botaniese illustrasie met die ontwikkeling van botaniese kuns in Suider-Afrika as tema, is in samewerking met die Nasionale Botaniese Instituut in die gallery van die Departement Beeldende Kunste (U.P.) gehou: ongeveer 90 werke van 40 kunstenaars is uitgestal. 'n Persoonlike versameling illustrasies is voorberei vanaf plantmateriaal wat deur die Oepartement Plantkunde (U.P) beskikbaar gestel is. Die versameling bestaan uit waterverf- en pen-en-inkillustrasies. Hierdie studie toon dat realisme in botaniese kuns nie 'n meganiese duplisering van 'n onderwerp behels nie, maar dat hierdie wetenskaplike dokumentasie gepaard gaan met persoonlike styl en benadering ten opsigte van die onderwerp. Ten spyte van die gemeenskaplike strewe na realisme, word 'n individuele stempel wel op die werk afgedruk. Die botaniese kunstenaar is inderdaad besig om 'n middeweg tussen die skone die wetenskaplike te vind, en sy kuns word tot 'n 'n hoogtepunt gevoer in die werk van die natuurgetroue realis.en_ZA
dc.description.availabilityUnrestricteden_ZA
dc.description.degreeMAen_ZA
dc.description.departmentVisual Artsen_ZA
dc.identifier.citationPienaar, AM 1990, Botaniese kuns in Suider-Afrika : ontwikkeling, spesifieke tegnieke en styleienskappe, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/56344>en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/56344
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_ZA
dc.titleBotaniese kuns in Suider-Afrika : ontwikkeling, spesifieke tegnieke en styleienskappeen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Pienaar_Botaniese_1990.pdf
Size:
8.26 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: