Onafhanklike waarborge en uitsonderings op die onafhanklikheidsbeginsel
| dc.contributor.advisor | Brits, Reghard | |
| dc.contributor.email | liona.bosman@telkomsa.net | |
| dc.contributor.postgraduate | Bosman, Liona Margit | |
| dc.date.accessioned | 2018-07-16T07:56:12Z | |
| dc.date.available | 2018-07-16T07:56:12Z | |
| dc.date.created | 2018/04/17 | |
| dc.date.issued | 2017 | |
| dc.description | Mini Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2017. | |
| dc.description.abstract | In hierdie skripsie is op die belangrike kwessie van onafhanklike waarborge of waarborge betaalbaar op eerste aanvraag (‘demand guarantees’) gefokus. Onafhanklike waarborge speel ’n groot rol in internasionale handel en word dikwels as die ‘lewensbloed van handel’ beskou. ’n Onafhanklike waarborg kan beskryf word as ’n persoonlike sekuriteitsonderneming waaronder ’n bank die betaling van die onafhanklike waarborg aan ’n begunstigde belowe, indien die prinsipaal nie sy verpligtinge ingevolge die onderliggende kontrak nakom nie. ’n Fundamentele beginsel van onafhanklike waarborge is die onafhanklikheidsbeginsel (die ‘autonomy principle’ of ‘independence principle’). ’n Probleem wat dikwels in regspraak voorkom ten opsigte van onafhanklike waarborge, is die vraag oor wanneer ’n finansiële instelling aanspreeklikheid mag vermy, met ander woorde op watter uitsonderings tot die onafhanklikheidsbeginsel die bank aanspraak kan maak. Suid-Afrikaanse howe aanvaar dat die onafhanklikheidsbeginsel van onafhanklike waarborge in sekere gevalle deur die bank (die borg) geïgnoreer mag word. Bedrog is een so ‘n uitsondering en die uitsondering van onregmatigheid begin ook aansienlik meer aandag geniet in die howe. As navorsingsontwerp is die leerstukgebonde metodologie gebruik ten einde die kwessies wat in die mini-verhandeling aan bod kom te ondersoek. Akademiese artikels, wetgewing en regspraak is geraadpleeg en bespreek Daar is verder ook vergelykend te werk gegaan deur die Engelse regspraak te betrek.. Gebaseer op die geraadpleegde bronne word daar tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrika die streng benadering tot die bedroguitsondering tot die onafhanklikheidsbeginsel volg. Die kwessie van die onregmatigheid van die onderliggende kontrak moet egter nog baie aandag kry. Onregmatigheid as uitsondering is nog in sy kinderskoene en daar is steeds baie onsekerheide ten opsigte van die presiese toepassing daarvan, die tipes onregmatigheid en die bewyslas wat vereis word. Tot dusver is daar geen regspraak in die Suid-Afrikaanse reg aangaande hierdie kwessie nie. | |
| dc.description.availability | Unrestricted | |
| dc.description.degree | LLM | |
| dc.description.department | Mercantile Law | |
| dc.identifier.citation | Bosman, LM 2017, Onafhanklike waarborge en uitsonderings op die onafhanklikheidsbeginsel, LLM Mini Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/65703> | |
| dc.identifier.other | A2018 | |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/2263/65703 | |
| dc.language.iso | en | |
| dc.publisher | University of Pretoria | |
| dc.rights | © 2018 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. | |
| dc.subject | UCTD | |
| dc.subject | Nougesette nakoming | |
| dc.subject | Suid-Afrikaanse reg | |
| dc.subject | Onafhanklikheidsbeginsel | |
| dc.subject | Onafhanklike waarborge | |
| dc.title | Onafhanklike waarborge en uitsonderings op die onafhanklikheidsbeginsel | |
| dc.type | Mini Dissertation |
Files
Original bundle
1 - 1 of 1
Loading...
- Name:
- Bosman_Onafhanklike_2017.pdf
- Size:
- 702.2 KB
- Format:
- Adobe Portable Document Format
- Description:
