Die lewe en werk van Dirk Meerkotter
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Daar is met die samestelling en skryf van hierdie hoofstuk gepoog om ‘n oorsigtelike beeld daar te stel van Dirk Meerkotter. Eerstens word daar samevattende gegewens verskaf i.v.m. sy huislike milieu, veral gemik op sy ouers en ouerhuis. Die Meerkotterstamboom wat daarna volg, gee ‘n interessante gesinsbeeld.
Tweedens volg ‘n kort, noodsaaklike paragraaf oor die geografiese milieu van Dirk Meerkotter. Vir die sensitiewe gees van veral die kunstenaar, sal die gegewens later in die bespreking uitkristalliseer as van besonder vormende waarde. Laasgenoemde het sy oorsprong gehad in jeugindrukke tydens die verblyf op verskillende plekke, maar veral Johannesburg en omgewing.
Laastens volg ‘n skematiese voorstelling in die vorm van n tydlyn. Hier kan dan met die ontvouing daarvan gesien word datums, Meerkotter se ouderdom op verskillende stadiums van sy ontwikkeling, woonplekke, skoolopleiding, studentejare, uitstallings, reise oorsee en ander belangrike gebeurtenisse in sy lewe. Daar word ook n aanduiding gegee van 'n periode-indeling van sy stylontwikkeling.
Description
Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1987.
Keywords
UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
van den Berg, AS 1987, Die lewe en werk van Dirk Meerkotter, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/59635>