Moenie my 'jy' en 'jou' nie" - die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van 'n loodsondersoek

dc.contributor.authorBosman, Nerina
dc.contributor.authorOtto, Annel
dc.date.accessioned2016-04-20T06:18:28Z
dc.date.available2016-04-20T06:18:28Z
dc.date.issued2015-12
dc.description.abstractOor aanspreekvorme (voortaan AV'e) in Afrikaans is die volgende navorsing al gedoen: Brown en Gilman (1960) skets die asimmetriese magsituasie tussen blankes, kleurlinge en swart mense waar veral die V-vorm (vir Afrikaans is dit die respekvorm, naamlik u) nie ter sprake kom nie. Scholtz (1963:65) merk (sonder enige empiriese gegewens) op dat die gebruik van u "buite die kringe van 'geleerdes' en 'verstedeliktes'" iets vreemds in Afrikaans is. Odendal (1976) lewer verslag van 'n kleinskaalse ondersoek onder universiteitstudente. Hy noem dat jy waarskynlik besig is om veld te wen in formele situasies en dat u nooit gebruik is deur die sogenaamde "sosiaal mindere lae" nie. Wybenga (1981) bestudeer Afrikaanse AV'e van wit Afrikaanssprekendes in Vanderbijlpark en Kotzé (1983) gee 'n gedetailleerde beskrywing van AV'e in die Maleierafrikaans van die 1980's. In 'n 1987-artikel gee Combrink 'n oorsig oor die gebruik van die direkte AV, of vokatief in Afrikaans. Swanepoel (1989) is 'n teksgebaseerde diachroniese ondersoek na interetniese aanspreeken verwysingsvorme in Afrikaans. Grootskaalse empiriese ondersoek na die sogenaamde indirekte AV - dit is die voornaamwoorde u, u-hulle, jy enjulle, die herhalingsvorm (waar die direkte AV herhaal word) of die vermydingsvorm (waar AV'e nie gebruik word nie) - ontbreek egter in Afrikaans. In hierdie artikel lewer ons verslag van 'n kwantitatiewe loodsstudie na die gebruik van u. Hierdie loodsstudie maak deel uit van 'n omvattende NNS-projek na die hele Afrikaanse aanspreekstelsel. Die resultate van 'n elektroniese vraelys waarin respondente verslag doen van hulle eie gebruik van u sal voorgehou word en opvolgende fases van die projek sal kortliks aangedui word. Binne die beperkings rakende die omvang van hierdie artikel wou ons breë tendense aantoon. Fynere onderskeidings rakende sosiolinguistiese en pragmatiese faktore moet verkieslik deur middel van kwalitatiewe data wat deur addisionele metodes verkry word, aangedui word.en_ZA
dc.description.abstractIn this article, the current usage of Afrikaans forms of address is discussed by focusing on the results of a quantitative study regarding the use of the formal pronoun u. Due to the fact that a large-scale empirical investigation about the so-called "second form of address", i.e. about the pronouns u, u-hulle and jy, julle, the R form (where the first form of address is repeated) or the zero form (casus oblique), has to date not been undertaken in Afrikaans, we embarked on a pilot project which forms part of a larger extensive study about Afrikaans forms of address. The data for this article was obtained by using an electronic questionnaire. Since most questions were closed questions, our report is quantitative in nature.en_ZA
dc.description.departmentAfrikaansen_ZA
dc.description.librarianam2016en_ZA
dc.description.urihttp://www.litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademiesen_ZA
dc.identifier.citationBosman, N & Otto, A 2015, '“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. resultate van ’n loodsondersoek', LitNet Akademies, vol. 12, no. 3, pp. 358-393.en_ZA
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/52065
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherLitNeten_ZA
dc.rightsLitNeten_ZA
dc.subjectAanspreekvormeen_ZA
dc.subjectAfrikaansen_ZA
dc.subjectDirekte aanspreekvormen_ZA
dc.subjectElektroniese vraelysen_ZA
dc.subjectHerhalingsvormen_ZA
dc.subjectIndirekte aanspreekvormen_ZA
dc.subjectSydelingse aanspreekvormen_ZA
dc.subjectUen_ZA
dc.subjectVermydingsvormen_ZA
dc.subjectAfrikaansen_ZA
dc.subjectAvoidance of form of addressen_ZA
dc.subjectDirect form of addressen_ZA
dc.subjectElectronic questionnaireen_ZA
dc.subjectForms of addressen_ZA
dc.subjectIndirect forms of addressen_ZA
dc.subjectRepetition of the vocativeen_ZA
dc.subject(Casus oblique)en_ZA
dc.subjectYou (V-form / "u")en_ZA
dc.subjectYou (T-form / “jy”)en_ZA
dc.subject.otherHumanities articles SDG-04
dc.subject.otherSDG-04: Quality education
dc.titleMoenie my 'jy' en 'jou' nie" - die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van 'n loodsondersoeken_ZA
dc.title.alternative“Do not call me ‘jy’ and ‘jou’”. the use of u as an Afrikaans form of address in the 21st century. Results of a pilot studyen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Bosman_Moenie_2015.pdf
Size:
744.06 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: